Ontdek die NWU
In ons nuwe reeks wil ons interessante mense en plekke by die NWU aan jou voorstel. Ons eerste besoek is aan die NWU se Wetenskapsentrum op die Potchefstroomkampus.
Volgens prof Jan Smit, die bestuurder van die sentrum, het meer as 9 000 mense die sentrum verlede jaar besoek en aan die interessante aktiwiteite deelgeneem. Hierdie aktiwiteite strek oor ʼn wye gebied van die natuurwetenskappe en sluit aan by ander dissiplines soos sielkunde, kinderontwikkeling, farmasie en opvoedingswetenskappe.
Klik hier om meer oor die sentrum te lees.
Klik hier om na ’n kort video te kyk van Jan wat ’n eksperiment aan matriekleerders van Hoërskool Bothaville demonstreer.
Prof Jan Smit, die bestuurder van die Wetenskapsentrum, kyk toe terwyl matriekleerders van Hoërskool Bothaville probeer om hierdie wetenskaplike legkaart baas te raak.
Hoërskoolleerders van Bothaville is op ’n ontdekkingstog gedurende een van die talle skoolbesoeke aan die Wetenskapsentrum.
Jong, weetgierige besoekers… twee leerders van Hoërskool Bothaville is besig met ’n eksperiment.
<
>
-besonderhede
Redaksie
Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement
Ontwerp en uitleg
Graphikos
Fotografie
NWU-kollegas en diensverskaffers
Vir verdere navrae/korrespondensie
Nelia Engelbrecht -
Tel 018 299 4937 of
Interne bussie 260
Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.