>

Herstelwerk aan geboue kos miljoene

Die NWU was een van die universiteite wat die hardste getref is deur die onlangse studenteoproer toe die administrasiegebou, koshuisouers se huis en kafeteria op die Mafikengkampus ernstig beskadig is.

 

Die span van Institusionele Fisiese Infrastruktuur en Beplanning het nou begin met die proses om die geboue te herstel wat in Oktober 2015 en Februarie 2016 beskadig is.

 

Die skade wat op 22 Oktober aan die studentekafeteria aangerig is, het R800 000 beloop. Dit is egter ʼn druppel in die emmer in vergelyking met die ongeveer R85 miljoen wat dit gaan kos om die geboue wat in Februarie vanjaar aan die brand gesteek is, te herstel.

KLIK OM MEER TE LEES

>