Is gratis tersiêre onderwys moontlik?

REDAKSIONEEL

Beweeg af

>

>

Die moontlikheid van gratis tersiêre onderwys in Suid-Afrika is al vir 'n hele ruk op die lippe van verskillende rolspelers.

 

Sommige glo dat dit haalbaar is terwyl ander dit 'n "gebrekkige ideologie" noem wat nie "die weg na maatskaplike geregtigheid" is nie.

 

Julle behoort die artikels by die volgende skakels interessant te vind. Hou asseblief in gedagte dat ons nie die feitelike korrektheid van die inligting kan waarborg nie en dat die artikels nie noodwendig die NWU se mening oor die saak weergee nie.

 

 

Hier is 'n paar interessante punte wat in die artikels genoem word:

 

  • “Dit is sekerlik nie regverdig dat die inherente belonings en mededingende voordeel wat hoër onderwys meebring ten volle deur die belastingbetalers befonds moet word as dit slegs deur 'n minderheid geniet word nie… ons moet 'n belangrike insig van moderne maatskaplike demokratiese politiek in gedagte hou: volledige staatsvoorsiening is nie altyd die weg na maatskaplike geregtigheid nie.”

 

  • “Die University of the People is die wêreld se eerste klasgeldvrye, geakkrediteerde, aanlyn universiteit sonder winsoogmerk…”

 

  • “… beramings van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge… dui daarop dat Suid-Afrika gratis hoër onderwys vir alle voorgraadse studente kan bekostig.”

 

  • “Die media en studentewoordvoerders glip en gly moeiteloos tussen 'gratis hoër onderwys vir die armes' en 'gratis hoër onderwys vir almal'. Dis twee drasties verskillende konsepte.”

 

Hier by die NWU doen ons ons bes om behoeftige studente te help. Ons doen dit deur die toegewysde fondse van die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente (NSFAS) en ander bronne te administreer en deur beurse uit ons eie fondse beskikbaar te stel.

 

Met ingeneming van ons inskrywingsplan en die beskikbaarheid van fondse en fasiliteite, wil die NWU soveel moontlik akademies verdienstelike en finansieel behoeftige studente in staat stel om te studeer. Die bevordering van toegang is immers deel van ons nuwe strategiese agenda. (In hierdie uitgawe van Eish! kan julle in die artikel, “Verandering het reeds begin”, meer oor die implementering van ons nuwe strategie lees.)

 

Lekker lees.