* As jy weet van ’n kollega wat iets besonders of interessants in sy of haar lewe buite die universiteit doen, stuur
gerus die inligting aan Willie du Plessis
by
willie.duplessis@nwu.ac.za.

@

TERUG

>

>

Vir meer inligting oor die Potchefstroom-sweeftuigklub besoek gerus hul webtuiste by www.potchgliding.co.za.

Wanneer hy nie met sweeftuigvlieg besig is nie, speel hy graag gholf of vlieg hy radarvliegtuie.

ideale hoogte bereik het, dit 23 meter vorentoe sweef sonder dat dit weer hoër hoef te klim. Topverrigting sweeftuie se sweef-verhouding kan tot 51:1 wees. Alles hang egter van goeie beplanning af en sweeftuigvlieëniers moet goed vooruit kan skat om die weersomstandighede optimaal in te span sodat hul sweeftuie honderde kilometers ver kan sweef. Johan vertel dat daar al verskeie sweeftuigvlugte vanuit Potchefstroom gedoen is wat selfs oor 1 000 km strek.

 

Kostes is die moeite werd

“Sweeftuigvlieg is nie die goedkoopste sport nie, maar dit is beslis die goedkoopste vorm van lugvaart,” sê Johan. Hy vertel dat die kostes goed vergelyk met ander sportsoorte soos skubaduik. Ongeag die kostes is die sport ’n wonderlike manier van ontvlugting en sweeftuigvlieëniers raak verknog aan die stilte en natuurskoon waaraan daar nie 'n prys gekoppel kan word nie.

 

Soms is dit egter nie net die lug en die wolke wat mens teen

10 000 voet in die lug teëkom nie. Johan sê dit is glad nie vreemd om nou en dan ʼn mielieblaar wat deur lugstrome opgeraap is by jou verby te sien draai nie. Hy kom ook gereeld verskeie voëlsoorte soos arende en aasvoëls teë wat teen daardie hoogtes in termieke draai.