NWU Home  

 

 

 
Contact us  |  Search
 
 
IT @ NWU

 

'n GroupWise-geintegreerde faksdiens (virtuele faksmasjien)

Wat bied dit die gebruiker? 

  • Die diens is goedkoper, meer gerieflik, meer bestuurbaar, ens.  Dit hou verskeie voordele bo 'n konvensionele faksmasjien in.  Buiten die feit dat daar heelwat kostes is wat bespaar kan word, bied die diens elektroniese bestuur en hantering van fakse, soortgelyk aan normale e-pos.
  • Integrasie met GroupWise behels die stuur en ontvang van enige formaat dokument (as 'n aanhangsel/attachment) na en vanaf 'n eksterne faksmasjien.  Elke gebruiker van die diens sal van 'n unieke faksnommer voorsien word en enige faks wat na die nommer gestuur word sal deur die Faksbediener na GroupWise herlei word.

Hoe doen die gebruiker aansoek vir die diens?

  • 'n Remedy versoek moet ingesit word na IT en in die beskrywing veld (description) moet die gebruikersnaam van die persoon vir wie die diens aangevra word ingesleutel word.  Die departementshoof wat goedkeuring gegee het moet ook daarin gemeld word, aangesien daar 'n koste aan die diens verbonde is waarvoor die aansoeker goedkeuring moes verkry het. 
  • Die persoon vir wie die faksnommer bestem is se Netwerkgebruikersnaam moet as "Netwerk ID" ingevul word.  (bv. Faksdiens:ITBABM)
  • Sodra die opstelling gefinaliseer is sal 'n e-posboodskap na die persoon vir wie die nommer toegeken is versend word en daarin sal inligting verskyn rakande:
    • Die Faksnommer wat toegeken is,
    • Die laai van die faks-komponent in GroupWise en
    • Hoe om 'n faks te stuur en te ontvang.
  • Die diens word op 'n kosteverhaling-basis aangebied.  Wanneer u inteken op die diens, sal u teen betaling van 'n maandelikse bedrag per faksnommer die geïntegreerde diens kan gebruik.  Die enigste ander koste wat van u verhaal word, is vir die duur van die oproep terwyl 'n faks versend word.

Riaan Marx 

 

© 2009 North-West University. All rights reserved.
Terms and Conditions