Printer-friendly version
Print
Share this
 

LIBRARY SERVICES OF THE NORTH-WEST UNIVERSITY

FAQ's : Potchefstroom Campus Library

The Library's answers and suggestion:

 

Books 

blou_buttonHoe kan ek 'n boek wat uitgeneem is bespreek?

  • Vanaf ons webblad, kies Boeke (Katalogus). Doen dan 'n soektog en lokaliseer 'n spesifieke titel.  Indien die boek uitgeneem is, kan jy dit vir jou bespreek deur te kliek op Request bo-aan die blad.
  • Daar is dan 2 blokkies wat voltooi moet word - voltooi die eerste bloot met jou van en eerste voorletter, bv kruger, h
  • In die volgende blokkie sleutel jou personeelnommer in.

Die bespreking vind nie dadelik elektronies plaas nie, maar word elke oggend individueel deur een van ons personeellede gedoen, aangesien 'n terugvranota aan die huidige lener uitgestuur moet word.

blou_button  Hoe kan ek my boeke hernu?
Boeke kan telefonies (018-299 2800), persoonlik, per e-pos (fpbleen@nwu.ac.za ) of via die webblad hernu word. Indien u dit persoonlik in die biblioteek doen, hoef u nie die boeke fisies by u te hê nie.  Gee net u kaart aan 'n personeellid by Leendienste en vra vir die verlenging van die leenperiode.  U mag boeke vir twee ekstra leenperiodes verleng.  As u dit dus self via die Webblad hernu en die stelsel u nie toelaat nie, beteken dit dat u dit al te veel keer hernu het.  U moet dan met Leendienste in verbinding tree of die boeke terugbesorg om boete te voorkom. Boeke wat reeds so lank uitstaande is dat 'n faktuur gegenereer het, kan NIE hernu word nie. Boeke wat deur ander gebruikers bespreek is, kan ook NIE hernu word nie, en u sal dus versoek word om dit terug te besorg.

blou_button  Hoeveel boete betaal ek per dag?
Boete word bereken teen 20c per boek per dag.  As u agterstallige boete meer as R10.00 beloop, kan leendienste tydelik opgeskort word.  Slegs boetes van meer as R30 kan na die studenterekening oorgedra word.

pyl_op

Printing 

blou_button  Wat kan ek doen as ek na-ure agterkom dat ek nie meer drukkrediet op my kaart beskikbaar het nie en dan nêrens meer geld kan inbetaal nie?
Indien u u inligting na 'n "flash drive" oordra, kan die personeellid by Sleutelbord onder in die kelder dit teen 40c per bladsy uitdruk.

blou_button  Hoe kan ek in die Biblioteek fotostate maak?
Die fotokopieerdiens in die Biblioteek word bedryf deur Nashua. Dit is op die grondvloer van die Hoofbiblioteek geleë. Daar is egter ook in elke Takbiblioteek 'n masjien of masjiene tot studente se beskikking. Gebruikers kan 'n kopieerkaart vir R10.00 elk koop en A4-kopieë maak vir 20c elk. Indien u van muntstukke gebruik wil maak kos fotostate 25c elk vir A4-kopieë. A3-kopieë kan op aanvraag gedoen word. Die kopieermasjiene werk met munte, 20c, 50c, R1.00, R2.00, R5,00. Kleingeld word NIE in die Biblioteek voorsien nie. Maak dus seker dat u oor genoeg kleingeld beskik.  Die munteenhede kan nie kleingeld uitkeer indien u meer ingooi as wat u uiteindelik maak nie.

Benewens kopieë lewer die Nashua-kopiesentrum verskeie ander dienste aan studente:

  • Alle selfoonkaarte /-lugtyd: Vodacom, MTN en cellC
  • Telkomkaarte
  • Ringbindwerk
  • Laserdrukwerk
  • Rofwerkpapierblokke

Die diensure van die Nashua-kopiesentrum in die Hoofbiblioteek stem ooreen met dié van die Biblioteek, gedurende die akademiese kwartaal sowel as gedurende vakansietye.

pyl_op

Loan record 

blou_button  Wat moet ek doen as ek my adres wil verander?
Adresveranderings kan nie in die Biblioteek gedoen word nie.  Die Biblioteek kry die studentegegewens van die Administrasie af.   Indien u selfoonnommer, telefoonnommer of enige adres (pos-of woonadres) verander, moet u dit dus asseblief onverwyld by die Administrasie (waar u geregistreer het) gaan aanmeld. As u adres of telefoonnommer by die Biblioteek foutief is, kan ons nie met u in verbinding tree of  nota's stuur as boeke gekom het of dit onder u aandag bring as boeke deur ander studente benodig word nie.

pyl_op

Hours 

blou_button  Kan die hoofbiblioteek nie langer as tienuur saans oopbly nie?
Met die vermeerdering van rekenaars op die kampus en in die koshuise, met elektroniese toegang tot die biblioteekwebblad en gepaardgaande databasisse en katalogus, asook Internet, is gevind dat die gebruik na 21:00 al sodanig afneem dat dit nie ekonomies is om langer as 22:00 oop te bly nie. 

Indien daar na 22:00 'n behoefte aan PC-lokale bestaan moet studente asb na ander PC-lokale op die kampus beweeg.  Die PC-lokale in die Biblioteek is ongelukkig nie anders as deur die Biblioteek bereikbaar nie en kan dus nie apart oopgehou word nie.

blou_button  It would be very helpful for us part time students if the library was open all weekend like at Wits, since we do not have enough time during the week due to the fact that we are working during the weekdays. The University could use students to work part time for this purpose.
To be able to answer this request, we need to know exactly what your library needs during weekends are. To be cost-effective, we can't render a fully staffed service for only a few users and we can't expect a full professional service from a temporary part time student worker. Depending on the need and the number of students we can try to find a solution.

If you need a PC-facility, you can use the 24-hour PC-Lab: NW 215. Distance learners can phone the central office (018-299 2772) for any information concerning their study and study material.

As a distance-learner at the library, you can phone 018-299 2802 (Library Information Staff) for subject information that can be rendered electronically by e-mail. Unfortunately we don't render a postal service for undergraduate students. Honns, M- and D-students can make use of a postal service to get library material.

Did you know that the library is open until 22:00 during weekdays, with an information service until 21:00? The library is also open until 13:00 on normal Saturdays and during the university exams until 18:00, with a full information service until 13:00.

blou_button  Is die Biblioteek langer oop gedurende Universiteitseksamens?
Ja.  Nie langer ure in die week nie, maar wel enkele ure langer op Saterdae, nl. tot 08:00 tot 18:00.  Dit geld slegs tydens eerste eksamengeleenthede en NIE vir toetsreekse nie.

Gedurende die tweede eksamengeleenthede is die Biblioteek wel saans oop tot 20:00 en Saterdae die normale ure, nl. 08:00 tot 14:00.

pyl_op

Study areas 

blou_button  Wat moet ek doen as mede-studente in die studieruimtes om my sit en gesels / kuier as ek wil studeer?
Kom asseblief dadelik na die naaste dienstoonbank (Leendienste: op grondvloer of na die tydskriftoonbank, of na Inligtingsdienste). Die personeel sal dan die betrokke studente  versoek om stil te wees of te verskuif.  Daar is twee seminaarkamers wat deur studente vir groepsprojekte gebruik kan word.  Dit kan vooraf bespreek word by Leendienste of, indien beskikbaar  by aanmelding, enige tyd gebruik word.  Die sleutels is by Leendienste (grondvloer)  beskikbaar.

pyl_op