Printer-friendly version
Print
Share this
 

Biblioteekdienste van die Noordwes-Universiteit

Vaaldriehoekkampus 

Interlening

 

Deur Interlening word dokumente wat nie in die versameling van die Vaaldriehoekkampus-Biblioteek is nie, aangevra vanaf ander biblioteke, nasionaal en internasionaal.  Die biblioteek verskaf deur middel van 'n landwye interleningnetwerk ook dokumente aan ander nasionale en internasionale biblioteke.
 

lyn_groen

Wie mag gebruik maak van die Interleningdiens?

Hierdie diens is beskikbaar vir M- en D-studente en personeel van die NWU: Vaaldriehoekkampus.

Dokumente word ook verskaf aan ander biblioteke in Suid-Afrika wat deel is van die Interleningsnetwerk, asook van oorsese biblioteke.

pyl_op

lyn_groen

Waar is die Interleningtoonbank?

Die Interleningafdeling is geleë op die grondvloer links by die reserveertoonbank van die Biblioteek. Boeke kan hier afgehaal en terugbesorg word.  Buite kantoorure kan dit by die sirkulasietoonbank afgehaal of ingehandig word.

Indien u buite die Vaaldriehoek woonagtig is, word ie boeke op versoek aan u gepos. Dit bly egter die gebruiker se verantwoordelikheid om die boeke persoonlik/per pos terug te besorg.

pyl_op

lyn_groen

Kantoorure

08:00 - 20:00 Maandag - Donderdag
08:00 - 17:00 Vrydag
09: - 12:00 Saterdag

pyl_op

lyn_groen

Adresse en kontakbesonderhede

e-mail E-posadres: vtcill@nwu.ac.za
 tel +27 (0)16 910 3170
Faks: +27 (0)16 910 3171

Arieladres: 143.160.52.8

Interbiblioteeklenings
Biblioteek - Gebou 3
Posbus 1174
VANDERBIJLPARK
1900

Adres vir koerier: Hendrik van Eck Blvd, Vanderbijlpark / Gebou 3 [Kampuskaart]

pyl_op

lyn_groen

Kontakpersone

Yvonne Engelbrecht
Tel.: +27 (0)16 910 3170
Faks: +27 (0)16 910 3171

pyl_op

lyn_groen

Hoe om 'n interleningaanvraag te rig

Dit is belangrik dat u eers die katalogus en e-tydskriftelys raadpleeg alvorens u 'n aanvraag rig.

Let wel: Geen nuwe aanvrae sal geprosesseer word indien daaar uitstaande boete is nie. 

 

1.   Elektronies via SACat
2.   Gedrukte vorms: aanvrae kan gedoen word deur 'n vorm te voltooi.  Hierdie vorms is by die Interleningtoonbank beskikbaar.
 
3.   Via e-pos  (vtcill@nwu.ac.za)
  • Belangrik: EEN aanvraag per e-pos.
  • Baie belangrik: die bussienommer of ander adres asook die personeelnommer of studentenommer vermeld op elke aanvraag.
  • Stuur asseblief die aanvrae DIREK en nie as 'n aanhangels nie. Dit veroorsaak probleme as die aanvrae as 'n groep uitgedruk word.

pyl_op

lyn_groen

Inligting wat verskaf moet word wanneer 'n interleningaanvraag gerig word per e-pos of gedrukte vorm.

Boeke: outeur / titel / uitgawe / jaar / ISBN (indien beskikbaar)

Tydskrifartikels: tydskriftitel / jaar / volume / nommer / bladsye / outeur en titel van die artikel / ISSN (indien beskikbaar)

Proefskrifte en Verhandelinge: outeur / titel / datum / universiteit waar studie voltooi is

pyl_op

lyn_groen

Hoe lank neem dit voordat die aanvraag ontvang word?

Boeke: ± 1 - 3 weke
Artikels: ± 3 -10 dae

Daar is egter faktore waaroor die personeel van Interlening nie beheer het nie, wat die proses kan vertraag.  Soms is 'n boek in gebruik of 'n tydskrif in die bindery wat oponthoud veroorsaak.

pyl_op

lyn_groen

Hoe week ek dat die boek of artikel wat ek aangevra het, gekom het?

Artikels:

  •   
Artikels van personeel wat ons elektronies ontvang (met Ariel) word na u e-pos gestuur.
  •  
As u nie e-posfasiliteite het nie, word die artikel na die adres deur u verskaf, gepos of by die toonbank gehou op versoek.
  •  
Slegs dokumente wat elektronies met Ariel ontvang is, word na die e-pos adresse gestuur.

Boeke: U sal per e-pos of telefonies in kennis gestel word, dat die boek beskikbaar is.

Die gebruiker bly verantwoordelik om self die boek(e) wat aan hom/haar gepos is, terug te besorg aan die biblioteek.

pyl_op

lyn_groen

Leentydperk van boeke

Die leentydperk word bepaal deur die beleid van die verskaffende biblioteek.

  • Nasionaal: ± 3 - 8 weke
  • Internasionaal: ± EEN week

Neem asseblief kennis dat daar 2 datums in die boek aangedui word, u moet dit inhandig ooreenkomstig die datum op die strokie (die boek moet reeds by die ander biblioteek terug wees voor die eerste datum in die boek).

Sommige biblioteke (Kaapstad en Unisa) staan geen hernuwings toe nie, ander staan slegs EEN hernuwing toe.  Verskaf die aanvraagnommer en vorige vervaldatum as u 'n e-pos stuur na vtcill@nwu.ac.za.

Boete vir laat boeke beloop R5.00 per boek per dag.

pyl_op

lyn_groen

Kostes verbonde aan Interlening

  • Nasionaal: artikels / boeke : gratis
  • Internasionaal: boeke £14:80 + posgeld (afhangende van die gewig van die boek).
  • Internasionale: artikels £8.25 ongeag die lengte + kopieregfooi wat deur elke uitgewer self bepaal word.
  • Dringende artikels (internasionaal): faks £21.00 + kopieregfooi waar van toepassing.
  • Hernuwings: £2.80
     

pyl_op

lyn_groen

Wat is Ariel?

Ariel is 'n dokumenttransmissiestelsel waardeur instansies 'n artikel inskandeer en dan deur die Internet stuur na ander Arielwerkstasies waar die artikel verder gestuur kan word na e-posadresse of uitgedruk word op 'n laserdrukker.  Die stelsel is beter as die faksmetode, aangesien dit goedkoper is en die kwaliteit ook beter is as die van 'n faks.  Dit is ook vinniger en meer betroubaar as fakse.

pyl_op