Printer-friendly version
Print
Share this
 

Biblioteekdienste van die Noordwes-Universiteit

Potchefstroomkampus 

Interlening

 

Deur Interlening word dokumente wat nie in die versameling van die Potchefstroomkampus-Biblioteke is nie, aangevra vanaf ander biblioteke, nasionaal en internasionaal.  Die biblioteek verskaf deur middel van 'n landwye interleningnetwerk ook dokumente aan ander nasionale en internasionale biblioteke.
 

lyn_groen

Wie mag gebruik maak van die Interleningdiens?

Hierdie diens is beskikbaar vir geregistreerde vierdejaar graadkursusse, Hons-, M- en Ph.D-studente, sowel as personeel van die NWU: Potchefstroomkampus.

Dokumente word ook verskaf aan ander biblioteke in Suid-Afrika wat deel is van die Interleningsnetwerk, asook van oorsese biblioteke.

pyl_op

lyn_groen

Waar is die Interleningtoonbank?

Die Interleningafdeling is geleë langs die hekingang in die voorportaal van die hoofbiblioteek. Dit is waar die boeke afgehaal en terugbesorg kan word.

Indien u buite die Potchefstroom woonagtig is, word die boeke aan u gepos. Dit bly egter die gebruiker se verantwoordelikheid om die boeke persoonlik/per pos terug te besorg.

pyl_op

lyn_groen

Kantoorure

07:30 - 16:30 Maandae - Vrydae

pyl_op

lyn_groen

Adresse en kontakbesonderhede

E-posadres: interbib@nwu.ac.za
Tel.: +27 (0)18 299 2793
Faks: +27 (0)18 299 2999

Arieladres: 143.160.24.35

Interleningafdeling
Ferdinand Postma Biblioteek
Privaatsak X05
NOORDBRUG
2522

Adres vir koerier: Hoffmanstraat 11, Potchefstroom / Gebou [Kampuskaart]

pyl_op

lyn_groen

Kontakpersone

Koördineerder: Isabel Blom
Hanteer aanvrae en versoeke van nagraadse studente en personeel van die NWU: Potchefstroomkampus. Aanvrae vanaf oorsee.

Marie de Wet
Verskaffer van dokumente aan ander instansies, nasionaal en internasionaal.

pyl_op

lyn_groen

IBL-registrasie

 

  • Voordat u gebruik kan maak van Interbiblioteeklening moet u eers registreer vir die diens. 
  • Registrasie vind plaas deur die IBL-registrasievorm te voltooi. 
  • Die IBL-afdeling sal dan binne 48 uur (slegs weeksdae) vir u 'n wagwoord e-pos waarmee u boeke/tydskrifartikels by SACat kan aanvra.
  • 'n Voorbeeld van so 'n wagwoord is, gebruikersnaam: 3170-1234567 en wagwoord: 3170+1234.
  • Indien u die wagwoord vergeet het kan u dit opsoek in die databasis: http://www4-win2.p.nwu.ac.za/dbtw-wpd/textbases/interlening.htm
  • NB: Indien u persoonlike besonderhede bv. adres verander is dit u verantwoordelikheid om weer 'n registrasievorm te voltooi sodat ons die korrekte inligting ten alle tye het en nie die boeke na 'n verkeerde adres stuur nie.

 

pyl_op

 

lyn_groen

Hoe om 'n interleningaanvraag te rig

Dit is belangrik dat u eers die katalogus en e-tydskriftelys raadpleeg alvorens u 'n aanvraag rig.

Let wel: Geen nuwe aanvrae sal geprosesseer word indien daar uitstaande boete is nie. 

 

1.   Elektronies via SACat
2.   Gedrukte vorms: aanvrae kan gedoen word deur 'n vorm te voltooi.  Hierdie vorms is by die Interleningtoonbank beskikbaar asook by die takbiblioteke beskikbaar.
3.   Via e-pos (interbib@nwu.ac.za)
  • Belangrik: EEN aanvraag per e-pos.
  • Baie belangrik: die bussienommer of ander adres asook die personeelnommer of  studentenommer vermeld op elke aanvraag.
  • Stuur asseblief die aanvrae DIREK en nie as 'n aanhangels nie. Dit veroorsaak probleme as die aanvrae as 'n groep uitgedruk word.

pyl_op

lyn_groen

Inligting wat verskaf moet word wanneer 'n interleningaanvraag gerig word per e-pos of gedrukte vorm.

Boeke: outeur / titel / uitgawe / jaar / ISBN (indien beskikbaar)

Tydskrifartikels: tydskriftitel / jaar / volume / nommer / bladsye / outeur en titel van die artikel / ISSN (indien beskikbaar)

Proefskrifte en Verhandelinge: outeur / titel / datum / universiteit waar studie voltooi is

pyl_op

lyn_groen

Hoe lank neem dit voordat die aanvraag ontvang word?

Boeke: ± 1 - 3 weke
Artikels: ± 3 -10 dae

Daar is egter faktore waaroor die personeel van Interlening nie beheer het nie, wat die proses kan vertraag.  Soms is 'n boek in gebruik of 'n tydskrif in die bindery wat oponthoud veroorsaak.

pyl_op

lyn_groen

Hoe weet ek dat die boek of artikel wat ek aangevra het, gekom het?

Artikels:

  • Artikels wat ons elektronies ontvang (met Ariel) word na u e-pos gestuur.
  • As u nie e-posfasiliteite het nie, word die artikel na die adres deur u verskaf, gepos of by die toonbank gehou op versoek.
  • Slegs dokumente wat elektronies met  Ariel ontvang is, word na die e-pos adresse gestuur.  Wanneer ons 'n fotokopie ontvang met die pos (nie al die biblioteke het Ariel nie) stuur ons die gedrukte fotokopie na die adres soos deur u verskaf.

Boeke: As u in Potchefstroom woon, sal u 'n nota ontvang wanneer die boek gekom het, waarna u dit by die Interleningtoonbank kan kom afhaal.

Gebruikers wat nie in Potchefstroom woon nie sal hulle boeke en artikels (as e-pos nie beskikbaar is nie) deur die pos ontvang.

pyl_op

lyn_groen

Leentydperk van boeke

Die leentydperk word bepaal deur die beleid van die verskaffende biblioteek.

  • Nasionaal: ± 3 - 8 weke 
  • Internasionaal: ± EEN week

 

Binne elke boek is daar 'n "bookstrap" en kopieregwaarskuwing.
bookstrap bookstap

 

  • Moet asseblief nie die "bookstrap" verwyder wanneer u die boek terugbesorg aan die Biblioteek nie.  Indien die "bookstrap" u pla plaas dit gerus oor na die agterterste blad van die IBL-boek. 
  • Die "strap" help u en die IBL-afdeling om die boek te herken as 'n IBL-boek wanneer u dit terugbesorg aan die Biblioteek.
  • Neem asseblief kennis dat daar 2 datums in die boek aangedui word, u moet dit inhandig ooreenkomstig die datum op die "strap" (die boek moet reeds by die ander biblioteek terug wees voor die eerste datum in die boek).
  • Boete vir laat boeke beloop R4.00 per boek per dag.

Hernuwings

  • Sommige biblioteke (Kaapstad en Unisa) staan geen hernuwings toe nie, ander staan slegs EEN hernuwing toe. 
  • Gebruik asb. ten alle tye met hernuwingsversoeke of met navrae die "Request ID" op die "bookstrap" as die verwysingsnommer, hetsy u telefonies navraag doen of per e-pos (interbib@nwu.ac.za). 
  • Verskaf ook die vorige vervaldatum ("Patron due date")  op die "bookstrap" vir 'n hernuwing.

 

pyl_op

lyn_groen

Kostes verbonde aan Interlening

 

  • Nasionaal: artikels / boeke : gratis
  • Internasionaal: boeke £14.80 (25$ - 35$) + posgeld (afhangende van die gewig van die boek).
  • Internasionale: artikels £8.25 (15$ - 25$) ongeag die lengte + kopieregfooi wat deur elke uitgewer self bepaal word.
  • Dringende artikels (internasionaal): faks £21.00 + kopieregfooi waar van toepassing.
  • Hernuwings: £2.80

 

pyl_op

lyn_groen

Wat is Ariel?

Ariel is 'n dokumenttransmissiestelsel waardeur instansies 'n artikel inskandeer en dan deur die Internet stuur na ander Arielwerkstasies waar die artikel verder gestuur kan word na e-posadresse of uitgedruk word op 'n laserdrukker.  Die stelsel is beter as die faksmetode, aangesien dit goedkoper is en die kwaliteit ook beter is as die van 'n faks.  Dit is ook vinniger en meer betroubaar as fakse.

pyl_op