
Biblioteekdienste van die Noordwes-Universiteit
Mafikengkampus
Interlening
| Deur Interlening word dokumente wat nie in die versameling van die Mafikengkampus-Biblioteek is nie, aangevra vanaf ander biblioteke, nasionaal en internasionaal. Die biblioteek verskaf deur middel van 'n landwye interleningnetwerk ook dokumente aan ander nasionale en internasionale biblioteke. | ||||
|
||||
|
Wie mag gebruik maak van die Interleningdiens? Hierdie diens is beskikbaar vir M- en Ph.D-studente, sowel as personeel van die NWU: Mafikengkampus. Dokumente word ook verskaf aan ander biblioteke in Suid-Afrika wat deel is van die Interleningsnetwerk, asook van oorsese biblioteke.
Waar is die Interleningtoonbank? Die Interleningafdeling is geleë links van die ontvangs in die voorportaal van die biblioteek. Dit is waar die boeke afgehaal en terugbesorg kan word.
08:30 - 14:30 Maandae - Vrydae
E-posadres: Jonathan Nyebeleza
Interleningsdienste Adres vir koerier: Hoek van Dr Albert Luthuli en Universiteitslaan, Mmabatho / Gebou A-7 [Kampuskaart]
Koördineerder: Jonathan Nyebeleza
Hoe om 'n interleningaanvraag te rig Dit is belangrik dat u eers die katalogus en e-tydskriftelys raadpleeg alvorens u 'n aanvraag rig. Let wel: Geen nuwe aanvrae sal geprosesseer word indien daar uitstaande boete is nie.
Inligting wat verskaf moet word wanneer 'n interleningaanvraag gerig word per e-pos. Boeke: outeur / titel / uitgawe / jaar / ISBN (indien beskikbaar) Tydskrifartikels: tydskriftitel / jaar / volume / nommer / bladsye / outeur en titel van die artikel / ISSN (indien beskikbaar) Proefskrifte en Verhandelinge: outeur / titel / datum / universiteit waar studie voltooi is. (Die naam van die Universiteit is baie belangrik as u 'n proefskrif of verhandeling aanvra.)
Hoe lank neem dit voordat die aanvraag ontvang word?
Boeke: ± 1 - 3 weke Daar is egter faktore waaroor die personeel van Interlening nie beheer het nie, wat die proses kan vertraag. Soms is 'n boek in gebruik of 'n tydskrif in die bindery wat oponthoud veroorsaak.
Hoe week ek dat die boek of artikel wat ek aangevra het, gekom het? Artikels:
Boeke: As u in Mafikeng woon, sal u 'n nota ontvang wanneer die boek gekom het, waarna u dit by die Interleningtoonbank kan kom afhaal. Indien u buite Mafikeng woon sal u die boeke en artikels (indien e-pos nie beskikbaar is nie) wat u aangevra het via pos ontvang. Dit bly die verantwoordelikheid van die gebruiker om die boeke persoonlik terug te besorg aan die Biblioteek of dit te pos.
Die leentydperk word bepaal deur die beleid van die verskaffende biblioteek.
Besorg boeke op tyd terug en maak seker van die vervaldatum van die leentydperk. Die korrekte datum sal aangetoon word op die blou strokie wat saam met die boek aan u verskaf word. Sommige biblioteke (Kaapstad en Unisa) staan geen hernuwings toe nie, ander staan slegs EEN hernuwing toe. Vir hernuwings verskaf die aanvraagnommer en vorige vervaldatum as u 'n e-pos stuur na Jonathan Nyebeleza. Boete vir laat boeke beloop R4.00 per boek per dag.
Kostes verbonde aan Interlening
Ariel is 'n dokumenttransmissiestelsel waardeur instansies 'n artikel inskandeer en dan deur die Internet stuur na ander Arielwerkstasies waar die artikel verder gestuur kan word na e-posadresse of uitgedruk word op 'n laserdrukker. Die stelsel is beter as die faksmetode, aangesien dit goedkoper is en die kwaliteit ook beter is as die van 'n faks. Dit is ook vinniger en meer betroubaar as fakse. |



