Printer-friendly version
Print
Share this
 

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE - VAALDRIEHOEKKAMPUS
Skool vir Tale

Oor Ons

Oor die afgelope dekade het die skool homself aan die voorpunt van ontwikkeling in taalpraktyk geposisioneer, veral in die veld van oudiovisuele vertaling. Hierdie fokus val op opleiding sowel as navorsing.

Ons bied die jongste tegnologie en indiensopleiding aan op 'n verskeidenheid gebiede, soos rekenaargesteunde vertaling (CAT), lessenaarpublikasies (DTP), webontwerp, oudiovisuele vertaling (onderskrifte en oudiobeskrywing), redigering, vertaling, publikasies, joernalistiek en taalonderrig. Hierdie opleiding inkorporeer 'n balans van praktiese toepassing en teoretiese onderbou. Ons taalkantoor (CTrans) verskaf intaakopleiding aan studente vanaf derdejaarsvlak. Hierdie kantoor verskaf professionele vertaal-, redigeer- en subtiteldienste teen mededingende tariewe.

Ons doen ook navorsing in 'n navorsingsentiteit genaamd UPSET (Understanding and Processing Language in Complex Settings - begrip en verwerking van taal in komplekse situasies) oor veeltaligheid (insluitende akademiese geletterdheid), taalpraktyk en linguistiek. Die jongste verwikkeling in terme van ons navorsing is ons navorsing oor lees, subtitels en kognisie met behulp van tegnologies gevorderde oognasporingstoerusting.

Die skool is ook aktief op die gebied van Afrika-tale in voorgraadse sowel as nagraadse kursusse, en ons personeel is betrokke by nasionale en internasionale forums oor Afrika-tale en -letterkunde, en by die Sesotho Leksikografiese Eenheid van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT).