Oor ons | BRS

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap

   

Oor ons 

Die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap se visie is om ’n skool van uitnemendheid in die ontwikkeling en opleiding van studente in die velde van menslike bewegingskunde, biokinetika, rekreasie, sportwetenskap en afrigtingskunde te wees sodat hulle vir die mense van Suid-Afrika en Afrika-praktisyns, leiers en innoveerders in hierdie toegepaste velde kan wees.

Die missie van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap is om goed afgeronde kundiges in die velde van menslike beweging, sport, gesondheid en rekreasie te lewer wat aan die behoeftes van hierdie velde binne die land kan voldoen.