
FACULTY HUMANITIES - VAAL TRIANGLE CAMPUS
School of Behavioural Sciences
Labour Relations Management
Die akademiese domein van die Skool vir Gedragswetenskappe is die begrip van menslike gedrag in uiteenlopende lewenskontekste, soos die innerlike wêreld van die individu, die sosiale en gemeenskapswêreld waarin ons woon, die wêreld van werk en die arbeidsverhoudinge wat hierdie wêreld kenmerk.
Blote begrip is egter onvoldoende, aangesien dit noodsaaklik is om hierdie kennis toe te pas op praktiese realiteite wat by hierdie tekste betrokke is. Die skool se loopbaan-georiënteerde akademiese en algemeen formatiewe programme, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid is daarop gerig om mense, en deur hulle die gemeenskappe en organisasies in ons transformerende samelewing te bemagtig om beduidende bydraes te maak tot die vind van oplossings vir die probleme waarvoor ’n ontwikkelende Afrika-land soos Suid-Afrika te staan kom.
Die skool dra tot Suid-Afrika se rykdom van menslike kapitaal by deur afgeronde kundiges te produseer wat toegerus is met die vaardighede om in ’n veeleisende wêreld mee te ding.
Groete
Prof Chrizanne van Eeden


