Printer-friendly version
Print
Share this
 

STUDENTE VOORLIGTINGSDIENS

Tuis

 Picture_001

Vsie
Om ‘n nasionaal en internasionaal relevante en innoverende Studentevoorligtingsdiens daar te stel met die oog op die optimale psigologiese en intellektuele ontwikkeling van studente.

Missie
Die Studentevoorligtingsdiens (SVD) se doelstelling is om in ooreenstemming met die missie van die Universiteit ‘n relevante, koste-effektiewe voorligtings-, ontwikkelings- en konsultasiediens daar te stel. Die fokus van die SVD is die fasilitering van die ontwikkeling van die individu en die studentegemeenskap met die oog op suksesvolle graduering. Met die klem op die totale vorming van die student is die strewe dat die student sodanig toegerus moet word dat hy/sy op ‘n verantwoordelike, volwasse wyse en as volwaardig gevormde person, die eise van die arbeidsmark en die volwasse gemeenskapslewe kan hanteer.

Doelstellings
Meer spesifieke doelstellings van die SVD is om:

  • voornemende en ingeskrewe studente te help om op ‘n wetenskaplike wyse verantwoordelike beroeps- en kursuskeuses te maak;

  • studente aan die hand van kognitiewe en nie-kognitiewe veranderlikes vir verskillende studierigtings te keur;

  • studente wat nie aan die gestelde toelatingsvereistes voldoen nie, aan die hand van ‘n spesiale toelatingstoets te evalueer met die oog op toelating tot die Universiteit;

  • aan die hand van die psigometriese resultate moontlike probleme by studente te identifiseer en terapeutiese intervensies te maak waar nodig en/of studente na toepaslike akademiese ondersteuningsdienste te verwys;

  • psigologiese probleme, wat ‘n negatiewe effek op die akademiese vordering van studente het, psigoterapeuties te hanteer met die oog op effektiewe funksionering van die student;

  • werkswinkels ten opsigte van studie- en lewensvaardighede aan te bied met die oog op die optimale ontwikkeling van die student en suksesvolle aanpassing by die akademiese omgewing;

  • die ondersteuning van studente met gestremdhede, binne die beperkinge van die huidige universiteitsbeleid, ten einde te poog om hulle optimaal te laat deel in die opvoedingsgeleenthede van die Universiteit;

  • die volhoubare, professionele ontwikkeling van personeel;

  • om, as geakkrediteerde eenheid, professionele opleiding te bied vir intern sielkundiges en psigometriste.