BUAtv

NWU

BUAtv

BUAtv is die NWU se opwindende nuwe kommunikasiekanaal om alles wat die NWU se personeel, studente en alumni vermag, ten toon te stel.

BUAtv: Episode 1
In hierdie episode kan jy die volgende van nader bekyk: Naledi, ons sonkar; die NWU se Afrika-sewekampkampioen; hoe ons 3D-drukwerk na die gemeenskap neem; sowel as ons sensasionele Sêr.

BUAtv: Episode 2
In hierdie episode kan jy die volgende van nader bekyk: die onlangse NWU Leierskapsberaad; 'n gesprek met prof Robert Balfour, die nuwe adjunk-visekanselier vir onderrig en leer; oognaspeuringsnavorsing; sowel as die Skool vir Verpleegkunde op ons kampus in Mahikeng.

BUAtv: Episode 3
In hierdie episode kan jy die volgende van nader bekyk: die Kultuurdag-feesvieringe op ons kampus in Vanderbijlpark; Mej Suid-Afrika se onlangse kuiertjie; die Sokkerinstituut in Mahikeng; en die 2017 Alumnitoekennings.

BUAtv: Episode 4
In hierdie episode kan jy die volgende van nader bekyk: die Sentrum vir Inheemse Kennisstelsels op die kampus in Mahikeng; GeeXpo, die IT-, wiskunde- en statistiek-ekspo wat onlangs op die kampus in Vanderbijlpark plaasgevind het;  en 'n gesprek met prof Refilwe Phaswana-Mafuya, die nuwe adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie.