067 Potchefstroomkampus, Nuus, Pauline NWU-student komponeer temamusiek vir DEKAT-TV

NWU-student komponeer temamusiek vir DEKAT-TV

DEKAT-TV het op 13 Oktober met 'n tweede seisoen van die televisiereeks op KykNet begin. Op daardie dag is die temamusiek wat deur Jaco Meyer gekomponeer is, ook bekendgestel.
  Jaco Meyer is tans 'n nagraadse student in Komposisie, Musiekwetenskap en Etnomusikologie aan die Skool vir Musiek van die Noordwes-Universiteit. Hy het die temamusiek as opdragwerk geskryf en die bekendstelling daarvan het die vorm aangeneem van 'n animasie van die Julie/Augustus-uitgawe van die DEKAT-tydskrif.

Jaco Meyer (regs) saam met sy metgesel, Fébé Bruyns (links) en die redakteur en eienaar van DEKAT, Elzilda Becker (middel).


  Jaco is na die bekendstellingsgeleentheid van die nuwe televisieprogram genooi en uitgesoekte gaste is by hierdie spoggeleentheid aan die eerste episode van die nuwe seisoen bekendgestel. Tydens die geleentheid het Jaco die temamusiek beskryf as "'n artisties-eksentrieke uitdaging om met die kunssinnige en unieke konsepte te versmelt wat die alternatiewe invalshoek van DEKAT gestand doen".
  DEKAT-TV is tot Desember 2011 op Donderdagaande om 21:00 te sien op KykNet en in die joernaalprogram word kykers blootgestel aan 'n fantastiese fantaserende fantasiewêreld.