Printer-friendly version
Print
Share this
 

Vandag @ NWU

Nuus


05/24/2013 - 10:08

NWU ken kanseliersmedaljes toe

Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs kanseliersmedaljes aan ds Erlo Hartwig Stegen en mnr Vincent Graig Curruthers toegeken tydens die PhD-gradeplegtighede wat op 23 en 24 Mei 2013 plaasgevind het.

Ds Stegen het die kanseliersmedalje ter erkenning van sy humanistiese werk in arm landelike gemeenskappe ontvang en mnr Carruthers vir sy bydrae tot omgewingswetenskappe.

Ds Stegen is in 1935 op sy familieplaas, Paardefontein, gebore en was ‘n reisende evangelis vanaf die 1950’s tot in 1970 toe hy die Kwasizabantu sendingstasie begin het.  Hierdie sendingstasie is geleë op ‘n 550 hektaar-plaas tussen Greytown en Stanger in Kwazulu-Natal, en is tans die grootste sendingstasie in Afrika.

VC_medals_a.jpg
 
 
 
05/23/2013 - 09:01

NWU ontvang gesogte motorsport toekenning

Lees meer

award_a.jpg
 
 
 
05/23/2013 - 08:40

NWU se Ndumiso is Mzansi se nuutste One Day Leader

Lees meer

One_day_Leader_a.jpg
 
 
 
05/21/2013 - 10:33

Die mag van ses

ʼn Passie vir onderwys is wat ses vroue by die Fakulteit Opvoedingswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus saamsnoer. Elke professor het haar eie navorsingsfokus, maar hulle almal verstaan die diversiteit in die onderwys en die uitdaging om opvoeders vir die onderrigtaak voor te berei.

The_Power_Of_6_a.jpg
 
 
 
05/16/2013 - 08:55

NWU en SAS-instituut span kragte saam

Die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (BWI), een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se voorste brugbouers tussen die akademie en die industrie, het ʼn nuwe meestersgraad in Bedryfsanalise van stapel gestuur.

Die nuwe graad loop parallel met die huidige program in Kwantitatiewe Risikobestuur (QRM), waarvan die alumni nog altyd hoë aansien in die finansiële sektor geniet.

Die doel van die Bedryfsanalise-graad is om professionele analiste af te lewer wat waarde kan toevoeg in die huidige “Big Data”-omgewing waar markspelers só baie data opgaar dat tradisionele analitiese metodes nie meer prakties of geskik is nie.

SAS_Labs_a.jpg
 
 
 
05/13/2013 - 11:27

NWU-Vaal ontwikkel selfoonspeletjie om te help met studentewerwing

Lees meer

venture_a.jpg
 
 
 
05/10/2013 - 13:31

Interdik toegestaan aan die Noordwes-Universiteit (NWU)

Institusionele Kantoor – Op 9 Mei 2013 het die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ʼn tussentydse interdik toegestaan aan die Noordwes-Universiteit wat die Hoëronderwys-transformasienetwerk (HETN) verbied om die universiteit verder te belaster.

Die interdik beveel die HETN en sy direkteurs om onmiddellik op te hou met die publisering van enige verdere lasterlike verklarings oor die universiteit op enige platvorm. Hulle is ook beveel om ʼn lasterlike plasing van alle sosialemediaplatforms te verwyder waarin die universiteit uitgekryt word as “rassiste, Nazi’s en kriminele” – insluitende HETN se eie webwerf, Facebook, Twitter en Dropbox.

Interdict_a.jpg
 
 
 
05/09/2013 - 11:59

NWU ken eredoktorsgraad toe aan befaamde digter

Vandag, 9 Mei 2013, het die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) ʼn eredoktorsgraad toegeken aan dr Mbuyiseni Oswald Mtshali, ter erkenning van sy lewenslange bydrae tot die letterkunde in Suid-Afrika en die wêreld.

Dr Mtshali is in 1940 in Vryheid, Natal, gebore en het as bode gewerk voordat hy ʼn digter geword het. Hy het sy opwagting op die Suid-Afrikaanse letterkundetoneel gemaak met die publikasie van Sounds of a Cowhide Drum: Poems in 1971.
 

poet_a.jpg
 
 
 
05/08/2013 - 11:01

Noordwes-Universiteit (NWU) stig Leierskaps- en Bestuursakademie

Institusionele Kantoor – Op 6 Mei 2013 was ’n groep uitgesoekte gaste die getuies van diebekendstelling van die nuwe NWU Leierskaps- en Bestuursakademie in Sandton. Die Akademie het tot stand gekom deur ’n vennootskap te sluit met thinking fusion Consulting (Edms) Bpk, ’n leierskapsontwikkelingsmaatskappy wat oor die afgelope vyf jaar meer as 1 500 leiers regoor Suid-Afrika opgelei het.

Leadership_Academy_a.jpg
 
 
 
05/03/2013 - 14:46

Wêreldklasnavorser as NWU-dekaan aangestel

Die Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie (FAST) op die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens die visier ’n bietjie hoër gestel toe hulle onlangs vir prof Eno Ebenso as dekaan aangestel het.

Prof Ebenso is ’n gevestigde wêreldklasnavorser met ’n C1-NNS-gradering in Chemie en ook die derde produktiefste skrywer ter wêreld op die gebied van korrosiestremming.

Volgens die Scopus-indeks het hy tussen 2005 en 2010 meer as 20 artikels in vaktydskrifte bygedra wat in die ISI Web of Science aangehaal is, en is hy 80 keer gedurende dieselfde tydperk elders aangehaal.  Dit kom op vier aanhalings per artikel neer, of ses keer die gemiddelde getal aanhalings vir navorsers op sy studiegebied. Prof Ebenso is ook die navorser op sy gebied wat die meeste internasionaal aangehaal word.

new_dean_a.jpg
 
 
 
05/02/2013 - 09:25

NWU se Elroy Gelant hardloop dat die stof so staan

Mnr Elroy Gelant, ‘n kliëntediens-assistent by Mensekapitaal in die Institusionele Kantoor van die Noordwes-Universiteit (NWU), het die afgelope naweek die vinnigste 10 000 m en 5 000 m-tyd in baie jare in Suid-Afrika gehardloop.

Elroy, wat tans vir die Traumeel NWU-Pukke-span hardloop, het goud vir beide items tydens die Universiteitesport Suid-Afrika- (USSA-) atletiekbyeenkoms in Durban gewen.

Hy het die 10 000 m in ‘n tyd van 27:41,30 kafgedraf – slegs 1,30 sekondes onder die kwalifiserende vereiste vir die Wêreldkampioenskappe.  Wat hierdie prestasie nog meer besonders maak, is die feit dat dit maar die derde 10 000 m tot op hede was waaraan hy deelgeneem het.

Elroy_a.jpg
 
 
 
04/30/2013 - 08:44

NWU-STSWT (CARST) straal vertroue uit

Die Sentrum vir Toegepaste Stralingswetenskap en -tegnologie (STSWT) op die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is deur die Raad vir Geowetenskap gekontrakteer om dienste in toegepaste stralingswetenskap en -tegnologie te verskaf.

Bykomend tot hierdie dienste sal die STSWT steun vir stralingsmeting en -evaluering in die Raad se projek oor verlate en eienaarlose myne verskaf. Hierdie projek word namens die Departement van Minerale Hulpbronne deur die STSWT uitgevoer.

carst_a.jpg
 
 
 
04/25/2013 - 10:06

Max du Preez word buitengewone professor by NWU

Mnr Max du Preez, gesoute joernalis, skrywer en politieke kommentator is pas as buitengewone professor by die Skool vir Kommunikasiestudies op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangestel.

Max_du_Preez_a.jpg
 
 
 
04/24/2013 - 09:20

PUKfm weer MTN Radio Awards-wenners

Lees meer...

PukFM_RadioAwards_a.jpg
 
 
 
04/24/2013 - 09:08

NWU bemagtig gegradueerdes

In ’n poging om sy studente vir die korporatiewe wêreld voor te berei, het die Noordwes-Universiteit (NWU) onlangs deur middel van die NWU-loopbaansentrum lid van die Suid-Afrikaanse gegradueerdes se ontwikkelingsvereniging (South African Graduates Development Association, SAGDA) geword.

Die Loopbaansentrum het betekenis aan hierdie nuutgevonde vennootskap gegee deur in samewerking met SAGDA die eerste van ’n reeks bemagtigingseminare vir gegradueerdes te organiseer. Dit het op 12 April 2013 op die Vaaldriehoekkampus plaasgevind.

NWU_empowers_graduates_a.jpg
 
 
 
04/23/2013 - 10:40

Noordwes-Universiteit (NWU) beloon sy topwoordvoerders

North-West-University-(NWU)-awards-its-top-spokespersons_a.jpg
 
 
 
04/23/2013 - 09:06

Religie speel ’n rol by die NWU

Religie speel ’n belangrike rol in wetenskapsbeoefening en het beslis ’n plek by moderne navorsingsuniversiteite, insluitende die NWU.

Dit was die boodskap wat dr Theuns Eloff, die visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), op 5 April 2013 tydens ’n konferensie by die Universiteit van Cambridge in die Verenigde Koninkryk oorgedra het.

Cambridge se Skool vir Teologie (School of Divinity) het die konferensie, met die tema Religion and the idea of a university, aangebied.

Dr Eloff het die Vereniging vir Statebondsuniversiteite (ACU) tydens die geleentheid as spreker uit Afrika verteenwoordig. Behalwe die enigste spreker uit Afrika, was hy ook die enigste persoon wat vanuit ’n reformatoriese oogpunt gepraat het.

Religion_a.jpg
 
 
 
04/22/2013 - 09:54

NWU Mafikengkampus teken MVV oor ontwikkelingsvennootskap

Die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), die Noordwes Provinsiale Regering en Statistiek Suid-Afrika het ʼn ontwikkelingsvennootskap aangegaan en het onlangs ʼn Memorandum van Verstandhouding (MVV) onderteken om vaardigheidsontwikkeling in die provinsie te versnel.

Volgens mnr Darkie Africa, Hoof van die Noordwes Beplanningskommissie – die fasiliteerders van hierdie inisiatief – is navorsing, vaardighede en geloofwaardige statistiese inligting van kritieke belang vir beplanning en ondersteuning van volhoubare ontwikkeling.

MOU_a.jpg
 
 
 
04/19/2013 - 15:43

Noordwes-Universiteit (NWU) se reaksie op ongegronde aantygings

Institusionele Kantoor – Die Noordwes-Universiteit maak ernstig beswaar teen ongegronde aantygings wat op verskeie platforms deur sekere individue en organisasies teen die universiteit gemaak word.

Die jongste hiervan hou verband met die student wat as voorsitter van die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad voorlopig geskors is hangende die afhandeling van ’n dissiplinêre verhoor. Die indruk word geskep dat hy as student van die NWU, asook as voorsitter van die Studenteraad op die Mafikengkampus geskors is, wat nie die geval is nie.

Dit is betreurenswaardig dat dié individue en organisasies die tragiese dood van Thabang Makhoang uitbuit om die aandag af te lei van werklike sake tussen hulle en die NWU, of om dit vir politieke gewin aan te wend.

 
 
 
04/19/2013 - 10:33

NWU se Mafikengkampusgraduandi blink uit in Rekeningkunde-eksamen

Graduandi van die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het baie goed gevaar in vanjaar se Aanvanklike Bevoegdheidstoets-eksamen (ABT) van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR).

Die ABT-uitslae wat onlangs bekend gemaak is, wys dat 11 van die 12 kandidate wat die eksamen deurgekom het hul BCom-grade aan die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe op die Mafikengkampus verwerf het.

Aangesien die Skool nog nie ʼn honneursprogram in Rekeningkunde aanbied nie, het hierdie studente hul nagraadse studies elders voltooi, byvoorbeeld by die NWU se Potchefstroomkampus, Die Universiteit van Johannesburg en Unisa.

Accountancy_a.jpg
 
 
 
04/18/2013 - 13:55

Dissiplinêre maatreëls: Lid van die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) – Noordwes-Universiteit (NWU)

Institusionele Kantoor – In opvolg van die afhandeling van die ondersoek na die beweerde wangedrag van die voorsitter van die IVSR van die NWU, is ’n besluit geneem dat die student ter sprake dissiplinêr verhoor sal word vir die beweerde oortreding van ’n artikel van die universiteit se Statuut.

Die student sal verhoor word omdat sy gedrag skadelik was, of skadelik kon gewees het, vir die goeie naam, orde, dissipline of uitvoering van die werk van die universiteit of enige deel van die universiteit.  Dit hou verband met die feit dat hy na bewering sonder ’n mandaat en op ’n ongemagtigde wyse namens die IVSR en in stryd met die NWU-mediabeleid wat deur die Raad goedgekeur is, opgetree het.

 
 
 
04/18/2013 - 12:26

NWU-bestuur verbind tot finansiële verantwoordelikheid en dissipline

Die Institusionele Bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU), asook ander lede van die universiteit se senior bestuur het as gebaar van welwillendheid en voorbeeld van finansiële dissipline, ingestem om net 6,5% lewenskosteaanpassing vir 2013 te kry.

Die bestuur van die universiteit ’n tyd gelede met die werknemerorganisasie ooreengekom op ’n 7%-lewenskosteaanpassing vir alle personeel.

Hoewel die NWU dit kon regkry om die afgelope paar jaar matige finansiële surplusse te behaal, is die universiteit se finansies voortdurend onder druk as gevolg van onsekerheid oor die hoeveelheid subsidie wat die regering in die toekoms gaan toeken. Die huidige stabiele finansiële situasie van die NWU kan dus nie as vanselfsprekend aanvaar word nie.

Finance_a.jpg
 
 
 
04/18/2013 - 11:58

Bulletjierugby is ‘n onding

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie móét sorg dat bulletjierugby by alle skole verban word. Dit is die mening van prof Cilas Wilders, ‘n biokinetikus aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus.

Die gewildheid van bulletjierugby op voor- en laerskoolskoolvlak het die afgelope paar jaar baie toegeneem, maar sê hy, dié vorm van blootstelling aan sport op so ‘n jong ouderdom kan ‘n kind vir die res van sy lewe emosioneel knak.

Bulletjierugby_a.jpg
 
 
 
04/17/2013 - 08:58

NWU ondersteun joernalistieke uitnemendheid

journalist_of_the_year_a.jpg
 
 
 
04/15/2013 - 10:42

NWU-Potchefstroomkampus lewer sy eerste vroueregter op

Die Fakulteit Regte van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het Donderdag 11 April sy eerste vroueregter opgelewer toe me Leonie Windell deur die Regterlike Dienskommissie as regter vir die hooggeregshof in hetsy Pretoria of Johannesburg benoem is.

Leonie, ‘n boorling van Lady Frere in die Oos-Kaap en matrikulant van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het in 1988 haar BJuris-graad by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) voltooi.

Sy het haar loopbaan in 1989 as staatsaanklaer begin, is in 1993 as landdros in Secunda aangestel en het vir 18 jaar as landdros in Potchefstroom gedien voordat sy in 2011 as regter begin waarneem het.

“Dit het nog glad nie ingesink nie! Ek voel nederig, en dit is vir my ‘n baie groot eer,” sê sy.

Leonie_a.jpg
 
 
 
04/10/2013 - 09:03

PUKfm 93.6 wéér onder land se voorstes

PUKfm, die amptelike radiostasie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, het hul eie leuse  - meer as net radio - verwesenlik toe die finaliste vir die vierde MTN Radio Toekennings op Dinsdag 2 April 2013 bekendgemaak was.

PUKfm is ‘n finalis in nege kategorieë, waaronder die gesogte Kampus Radiostasie van die Jaar.
 
Vir die 27-jarige me Amoré Truter, stasiebestuurder, is dit egter hul benoeming in die Gemeenskapsprojek-kategorie wat vir haar die meeste beteken.

“Ek is ongelooflik trots op wat PUKfm vir die gemeenskap doen. Om die gemeenskap deur die wonderlike medium van radio te verryk en te bemagtig moet elke radiostasie se eerste doel wees,” sê sy.

PukFm_a.jpg
 
 
 
03/28/2013 - 12:59

NWU se reaksie op minister en Valke se nuwe ondersoek oor 2012 verdrinking

Die afsterwe van Thabang Makhoang was vir die Raad van die Noordwes-Universiteit, sowel as die hele universiteitsgemeenskap, 'n tragedie. Elke jong lewe wat verlore gaan beteken een minder bousteen vir ons land en sy toekoms.

Met Thabang se afsterwe in 2012 het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, dr Blade Nzimande, aangedui dat hy 'n ondersoek wil loods, waarvoor die universiteit sy volle samewerking belowe het. Verder het die universiteit ook sy volle samewerking met die polisie se ondersoek gegee.

 
 
 
03/19/2013 - 10:27

NWU se Vaaldriehoekkampus is deel van Pi Matriks-wêreldgeheuerekord

Die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit het Pi-dag op 14 Maart saam met die globale gemeenskap van wiskunde-entoesiaste gevier deur die aanbied van ʼn Pi Matriks-wêreldgeheuerekord-poging deur Grootmeester Kevin Horsley.

Hierdie poging is al genoem die ‘Everest van geheuetoetse’ en vereis nie net van die memoriseerder, Kevin Horsley, om die volgorde van die eerste 10 000 desimale van Pi te ken nie, maar ook om die desimale in die korrekte volgorde van enige plek in die ry af te ken. ʼn Paneel van vyf toetsers het 250 pi-desimale uitgeroep en Kevin Horsley moes dan 500 desimale (vyf voor en vyf na) onthou.

Kevin Horsley is een van slegs vier mense ooit wat dit al kon regkry en hy het dit gedoen deur ʼn nuwe wêreldrekord van 16 minute, 38 sekondes op te stel.

Pi_a.jpg
 
 
 
03/18/2013 - 09:59

NWU bemagtig vroulike entrepreneurs

Die Ondernemingsontwikkelingsentrum (OOS) op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs sy Ondernemende Vroue-program van stapel gestuur om vroulike entrepreneurs te help om hul doelwitte te bereik en hul sakedrome te verwesenlik.

Die OOS is daartoe verbind om vroulike entrepreneurs van die vaardighede te voorsien om hul besighede uit te brei, maar ook om as platform te dien waarvandaan hierdie besighede kan dien as langtermynboustene vir ekonomiese volhoubaarheid.

EDC_a.jpg
 
 
 
03/14/2013 - 08:57

NWU-teoloë werk mee aan unieke Bybel

‘n Jarelange ideaal is gerealiseer met die publikasie van ‘n unieke en eerste Grieks-Afrikaans Interliniêre Bybel. In dié Bybel word die oorspronklike Griekse teks langs die Afrikaanse vertaling vertoon.

Vier professore van die Fakulteit Teologie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), proff Fika Janse van Rensburg, Jan du Rand, Jan van der Watt en Wim Vergeer, het saam met ‘n span kundiges en vertalers aan dié publikasie gewerk.
Die projek is in samewerking met CUM (Christelike Uitgewersmaatskappy) aangepak, en me Sua du Plessis van CUM was die projekleier.

theologians_bible_a.jpg
 
 
 
03/13/2013 - 09:29

NWU doen baanbrekerswerk vir moedertaalonderrig

Agt studente van die Royal Bafokeng wat in die Grondslagfase-onderwys in hulle moedertaal, Setswana, onderrig is, het pas hul BEd-grade by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus ontvang.

Die NWU en die Royal Bafokeng het hierdie inisiatief saam onderneem omdat daar ‘n geweldige tekort aan Afrikatale in die grondslagfase-onderwys bestaan, sê prof Barry Richter, direkteur van die Skool vir Natuurwetenskappe en Tegnologie vir Onderwys.

Slegs 12 van die 23 universiteite in Suid-Afrika bied ‘n grondslagfase-kwalifikasie aan en die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die NWU het dit ‘n stap verder geneem deur die graad boonop in ‘n Afrikataal aan te bied.

royal_bafokeng_a.jpg
 
 
 
03/11/2013 - 09:34

Vaaldriehoekkampusgemeenskap loop kaalvoet vir liefdadigheid

Lede van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampusgemeenskap het onlangs hul skoene uitgeskop en weer die gras onder hulle voete gevoel – alles ten bate van liefdadigheid.

Personeel en studente het die uitdaging aanvaar wat gerig is met die eerste Kaalvoetdag-liefdadigheidsprojek en sodoende bygedra tot die gees van samehorigheid op kampus, maar terselfdertyd ook bewustheid aangewakker oor liefdadigheidsintervensies soos die Maaltyd-per-Dag-projek.

Die dameskoshuis Akasia het die leiding geneem en seker gemaak dat Kaalvoetdag 2013 nie gou vergeet sal word nie. Behalwe vir fondsinsameling deur "skoenbelasting" van R2 per persoon te hef en niebederfbare voedsel te in te samel, het die koshuiskomitee ook T-hemde en kolwyntjies verkoop.

footday_a.jpg
 
 
 
03/08/2013 - 12:40

NWU-boek om boere en spekulante in die graanbedryf te help, ‘n eerste in SA

‘n Boek om boere in Suid-Afrika en spekulante in die graanbedryf oor die kort en lank van termynmarkte in te lig, is ‘n eerste in Suid-Afrika.

Die boek – Kort en Lank van Termynmarkte: SAFEX, Graanverskansing, Spekulasie – is geskryf deur dr Mariëtte Geyser van die Navorsingseenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Dr Geyser het die behoefte in die mark vir so ‘n boek raakgesien en dit met die hulp van die NWU gepubliseer.

Prof Herman van Schalkwyk, kampusrektor, sê hy is trots op dié publikasie wat goed in die landboubedryf gebruik kan word. “Hoewel die Potchefstroomkampus nie landbou as graadkursus aanbied nie, word baie navorsing hier gedoen om die leemtes in landbou in die gebied aan te vul.”

farmer_book_a.jpg
 
 
 
03/07/2013 - 08:38

Die NWU sê – gaan groen of gaan huis toe

Groen is meer as net ’n kleur by die NWU – dit dui deesdae op ’n omgewingsvriendelike ingesteldheid en ’n strewe om die universiteit se koolstofvoetspoor te verklein.

Om hierdie ideale te bereik, onderneem die NWU verskeie inisiatiewe op institusionele en kampusvlak.

Op institusionele vlak het die Sentrum vir Omgewingsbestuur op die Potchefstroomkampus ’n omvattende oudit op elke kampus en by die Institusionele Kantoor gedoen om vas te stel tot watter mate die NWU aan toepaslike omgewingswetgewing voldoen.
Die drie NWU-kampusse ook verskeie projekte geloods om groen te word.

go_green_a.jpg
 
 
 
03/04/2013 - 10:30

NWU betrokke by nuwe-generasie lugvaartuie

Ingenieurstudente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het besluit om ‘n hoogs-gespesialiseerde bul by die horings te pak en is nou deel van ‘n unieke navorsingspan wat ‘n nuwe-generasie helikopter en vliegtuig in samewerking met Denel Aviation ontwikkel.

Denel het verskeie universiteite, waaronder die NWU, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en die Universiteit van Pretoria genader om deel te wees van navorsing en ontwikkeling van hul projek.

NWU_and_DenelAviation_a.jpg
 
 
 
02/28/2013 - 11:36

NWU-akademikus ontvang prestige-navorsingsmedalje

Die Onderwysvereniging van Suid-Afrika (EASA) se gesogte Navorsingsmedalje is onlangs toegeken aan prof Linda Theron, ʼn navorser en akademiese personeellid verbonde aan die Skool vir Opvoedingswetenskappe op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit.

Die medalje is toegeken aan prof Theron ter ere van die bydrae wat haar navorsing oor veerkragtigheid gemaak het tot onderwyspraktyke in die algemeen en tot die verstaan van die jeug en onderwysers se veerkragtigheid in die besonder.

Volgens prof Theron is sy passievol oor navorsing en laat hierdie eerbetoon haar besonder nederig voel. Deur haar navorsing verken sy hoe en hoekom Suid-Afrikaanse jeugdiges met ʼn groot risiko vir negatiewe lewensuitkomstes veerkragtigheid toon.

research_medal_af.jpg
 
 
 
02/27/2013 - 09:08

NWU-SJGD skenk R1,4 miljoen aan liefdadigheid

Die Studente Jool Gemeenskapdiens (SJGD) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die jaar met hernude verbintenis tot sowat 92 projekte in die Potchefstroom-omgewing afgeskop. SJGD het boonop weer vanjaar sowat R1,4-miljoen aan projekte en individue geskenk, wat tydens JOOL ingesamel is.
“Dit is wonderlik om so ‘n bedrag aan die gemeenskap te kan uitbetaal. Deur die jaar word daar klein bedrae ingesamel en om dan die eindtotaal te sien is ongelooflik,” sê Juaan Taute, Studenteraadslid: SJGD.

SJGD_af.jpg
 
 
 
02/26/2013 - 17:50

NWU Mafikeng Campus ready for 2013 Academic Year

On Tuesday, 26 February, the North-West University’s Mafikeng Campus celebrated the official opening of its 2013 Academic Year. The festive ceremony took place at the university Great Hall.

Gracing the event, were the Chancellor of the North-West University, His Excellency Kgosi Leruo Molotlegi, Vice Chancellor, Dr Theuns Ellof, Rector of the Mafikeng Campus, Prof Dan Kgwadi. The Institutional and Campus Management, staff and students and dignitaries from both private and business sectors were also present at one of the university’s most important functions.

 
 
 
02/21/2013 - 08:56

NWU-Pukke verwoes Wits

Maandagaand in Johannesburg, na sowat 20 minute se spel, het ‘n ondenkbare uitslag ondersteuners van die NWU-Puk in die gesig gestaar toe ‘n begeesterde Wits ‘n onverwagse voorsprong van 23-13 teen die Noordwesters in hul Varsitybeker-kragmeting opgestapel het.

Maar, aangevuur deur ‘n witwarm Hoffman Maritz, het die NWU-Puk met ‘n skouspelagtige terugvegpoging vorendag gekom en die tuisspan 71-25 die loef afgesteek.

NWU-vs-Wits_af.jpg
 
 
 
02/14/2013 - 11:20

NWU werk saam aan die Mandela 27 Jaar-projek

Vaaldriehoekkampus - Die Instituut vir Ernstige Speletjies (SGI-SA) op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) sal met die Europese Unie saamwerk aan die ontwikkeling van ʼn Mandela 27 Jaar-projek ter bevordering van interkulturele dialoog in ʼn medium waarmee jongmense baie vertroud is.

Die projek, bekend as Mandela27, is gebaseer op die ikoniese storie van Nelson Mandela en die wêreldbekende Robbeneilandmuseum. Dit behels ʼn fisiese uitstalling van Mandela se tronksel – met ʼn verskeidenheid kulturele stories en artefakte – en ʼn eCulture-platform.

Hierdie platform sal dit vir toeriste moontlik maak om Robbeneiland deur middel van ʼn interaktiewe kaart te verken, met verwysings na die kulturele gebeure wat regoor Europa en Suid-Afrika afgespeel het gedurende die 27 jaar van Mandela se gevangenskap, van 1963 tot 1990.

Mandela27_af.jpg
 
 
 
02/08/2013 - 12:27

Twee vroue as NWU-dekane aangestel

Prof Susan Visser en Prof Nicola Smit is onlangs as dekane op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangestel. Prof Visser is aangestel as dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en prof Smit as dekaan van Regte.

 
 
 
02/08/2013 - 08:51

Internasionale profiel gaan met rasse skrede vooruit

Die Internasionale Kantoor op die Vaaldriehoekkampus doen goeie werk en die internasionalisering van die kampus vorder baie goed, sê me Angelique van Rensburg, hoof van die kantoor.

Die kantoor het in 2011 tot stand gekom en is die eerste aanmeldingspunt vir alle internasionale studente of postdoktorale genote wat by die kampus wil studeer.

In 2011 het die kantoor 74 studente verteenwoordig, maar 2012 se 26%-groei het die studentetelling op 93 te staan gebring. Die graadverwerwing van 15 internasionale studente gedurende 2012 was ook ʼn groot mylpaal.

International_af.jpg
 
 
 
02/07/2013 - 11:04

Nuweling fokus op dienslewering

Me Christa North, pas aangestelde Uitvoerende Adviseur: Beplanning en Spesiale Projekte in die kantoor van die Adjunk-visekanselier: Onderrig-Leer by die Institusionele Kantoor van die Noordwes-Universiteit, is ’n vrou van vele talente.

Met hoofsaaklik die Universiteit van Pretoria as haar alma mater, sluit haar verskeidenheid kwalifikasies in twee BA-grade, ’n Hoëronderwysdiploma (Unisa), honneurs in Inligtingkunde en ’n meestersgraad in Uitgewerswese.

Ook haar loopbaan getuig van veelsydigheid. Sy was lank in die uitgewersbedryf, het by die Universiteit van Pretoria (UP) klasgegee, en was as akkreditasiebestuurder betrokke by die maatskappy bekend as Voortgesette Onderrig by UP (CE at UP).

Christa_North_af.jpg
 
 
 
02/06/2013 - 13:01

AFCON 2013: SA verspeel gulde toerismegeleentheid

Suid-Afrika se aanbieding van die 2013 Afrika-Nasiebeker (AFCON) kan nié as suksesvol beskou word nie.

Nie, as daar in ag geneem word dat die regering ‘n gulde geleentheid verspeel het om dié land as ‘n toerismebestemming in ontluikende Afrika-markte te bemark nie.

Volgens prof Melville Saayman, hoof van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) se navorsingsinstituut Tourism Research, Economics, Environment and Society (Trees), moet die regering aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n besluit wat die land oor die langtermyn etlike miljoene in potensiële inkomste kan kos.

“Daar is nooit met die toerismebedryf geskakel om vir die onderskeie lande se joernaliste pakkette aan te bied nie. Hierdie joernaliste is nie die hele tyd besig nie en kon dus die land in hul lande baie goed bemark het.

AFCON_2013_af.jpg
 
 
 
02/06/2013 - 12:01

NWU-lektor se eerste boek ondersoek bekende se digkuns

Prof Etienne Terblanche, van die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het pas sy eerste boek, E E Cummings: Poetry and Ecology, bekendgestel.

Dié boek gee ‘n dieper kykie na die doen- en denkwyse van die bekende Amerikaanse digter, E E Cummings.

Prof Terblanche is ‘n lektor in Engelse poësie en wy ook al sy navorsing hieraan. Hy spesialiseer in die besturdering van onder andere E E Cummings, T S Eliot en moderne poësie. Hy het so 'n groot bewondering vir Cummings dat hy in 2003 sy PhD met die stet: E E Cummings: The Ecology of his Poetry in 2003 verwerf het.

EE_cummings_poerty_and_ecology_af.jpg
 
 
 
02/01/2013 - 14:58

NWU open tegnologies gevorderde vloeistofekstraksielaboratorium

Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) het die tegnologies gevorderde superkritiekevloeistof-ekstraksielaboratorium en -loodsaanleg amptelik geopen, ʼn eerste vir Afrika.

Hierdie groen tegnologie maak gebruik van superkritieke CO2 as oplosmiddel, en word gebruik om onder meer essensiële olies, geursels en ander verbindings op ʼn veilige manier te ekstraheer vir gebruik in die kosmetiek-, voedsel- en mediese industrie. As gevolg van die relatief lae temperature wat betrokke is en die feit dat CO2 as oplosmiddel gebruik word, word die verbindings geëkstraheer sonder termiese skade en sonder toevoeging van enige skadelike chemikalieë.

Peanut_oil_af.jpg
 
 
 
01/31/2013 - 16:27

Soccer Institute signs Westvaal - Volkswagen as official car sponsor

On Friday, 02 November the Soccer Institute of the North-West University’s Mafikeng Campus signed a deal with Westvaal – Volkswagen (VW) as official Soccer Institute’s car sponsor.

This is the long term sponsorship by Westvaal as they are partnering with the NWU – Soccer Institute to assist the university to achieve its main objective of developing well rounded football players. Westvaal gave the Institute a Volkswagen branded car. Once the car has reached twenty thousand kilometers or a year has lapsed, another one will be provided by the company to make sure that the institute focus on its job without any transport problems.

Soccer_car_AF_5.jpg
 
 
 
01/31/2013 - 16:24

Feather Fund to give dreams flight

What better way to celebrate your academic heritage than by contributing towards the accomplishment of someone else’s dream? With this in mind, the alumni fraternity of the Vaal Triangle Campus of the North-West University (NWU Vaal) pus (NWU Vaal) recently formally launched the Alumni Feather Fund during the Campus’s annual alumni reunion.
 

Celebrate your roots

During the launch the members of the alumni community were reminded of the literal meaning of the word ‘alumni’ – which is derived from the Latin term ‘alere’, namely: to nourish. This idea of providing nourishment linked up with the theme of the reunion – “Celebrate your roots”.

6_Feather_fund_AF.jpg
 
 
 
12/14/2012 - 09:31

NWU Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding gaan impak op voedingsbeleide hê 

Die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding (CEN) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs ’n projek van R1 500 000 van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (UNICEF) ontvang.

Hierdie projek sal ’n opname van nakoming van die Wêreldgesondheidsorganisasie se kode vir die bemarking van borsmelkplaasvervangers in vier provinsies (Noordwes, Gauteng, Vrystaat, Oos-Kaap) behels, en ook apteke, kleinhandelaars, produketikette, radio, TV, koerante en tydskrifte moniteer.

UNICEF werk uitsluitlik vir regerings om hulle beleide te ondersteun, en hierdie werk het ’n onmiddellike en direkte impak op die jongste konsepregulasies en voedingsbeleid.

 
 
 
12/14/2012 - 09:25

NWU-dosent as adviseur vir British Pharmacopoeia aangestel

Die Britste farmasiekommissie (BPC) het dr. Marius Brits as ’n lid van die kundige adviseursgroep MC2 (Medicinal Chemicals) aangestel om die BPC oor die uitvoering van sy pligte te adviseer.  Dr. Brits is betrokke by die Navorsingsinstituut vir Industriële Farmasie (NIIF), wat die Sentrum vir Kwaliteitsversekering van Medisyne (CENQAM)® op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) insluit.  

“Die British Pharmacopoeia se doel is om voldoende verteenwoordiging van ’n aantal Statebondslande (Australië, Kanada en Suid-Afrika) te kry, en ek sal Suid-Afrika in hierdie proses verteenwoordig. Ek sal ook aan die BPC leiding en hulp verskaf met die opstel van monografieë vir die gehalteversekering van medisynes,” sê dr, Brits.