Printer-friendly version
Print
Share this
 

VAALDRIEHOEKKAMPUS

Profiel

Die Vaaldriehoekkampus, geleë op die oewers van die Vaalrivier in ’n geproklameerde natuurreservaat, is ’n inspirerende omgewing vir werk en speel. Kampusakademici is gemotiveerd en goed gekwalifiseerd, sukseskoerse van studente bogemiddeld, en die navorsings , sport , studenteondersteunings en kulturele fasiliteite voortreflik.

Hoewel die Vaaldriehoekkampus die kleinste van die NWU se drie kampusse is, het hy die afgelope paar jaar rekordgroei beleef. In 2012 was daar 6 100 studente. Die gemiddelde slaagsyfer vir alle modules wat op die Kampus aangebied word, was 82,4% en dit is hoër as die norm wat deur Suid-Afrika se Departement van Onderwys gestel word.

Een rede vir die kampus se deurlopende sterk akademiese prestasie is die vaardigheidsprofiel van sy akademiese personeel. Vier en tagtig persent van al sy lektore het meesters- of doktorsgrade en 30% is besig met nagraadse studies.

Een rede vir die Kampus se standhoudende sterk akademiese prestasie, is die vaardigheidsprofiel van sy akademiese personeel. In totaal het 84% van sy dosente reeds meesters  of doktorsgrade, en 30% is met nagraadse studie besig.
Akademiesgesproke fokus die Kampus op programme in ekonomiese wetenskappe, handel, inligtingstegnologie en onderwys, sosiale wetenskappe, tale, en die geesteswetenskappe. Dit word deur twee fakulteite aangebied, naamlik die Fakulteit vir Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie en die Fakulteit Geesteswetenskappe.

Die Fakulteit vir Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie bestaan uit drie skole: ekonomiese wetenskappe, rekeningkundige wetenskappe en inligtingstegnologie. Uitgebreide programme word in die BCom  en BSc-rigtings aangebied om studente te help wat Wiskundige Geletterdheid het of ’n lae slaagpunt vir Wiskunde in Graad 12 behaal het.Die Fakulteit spog met kundigheid in ernstige speletjies, mobiele tegnologie en veeltalige spraaktegnologie.

Die Fakulteit Geesteswetenskappe het vier skole: tale, gedragswetenskappe, basiese wetenskappe en opvoedingswetenskappe. Drie dosente van die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe het onlangs deur middel van toekennings of skenkings van organisasies soos die Suid-Afrikaans-Nederlandse Navorsingsprogram oor Alternatiewe in Ontwikkeling (SANPAD) en die Onderwysvereniging van Suid-Afrika (OVSA) erkenning vir hulle kundigheid ontvang.Wêreldklasnavorsing is op die volgende navorsingsgebiede gedoen:
-    veeltaligheid – begrip en verwerking van tale
-    Positiewe Sielkunde
-    veerkragtigheid
-    navorsing oor openbare aangeleenthede met die fokus op dienslewering
-    waternavorsing

Hierbenewens bied die Vaaldriehoekkampus deur sy Eenheid vir Vaardigheidsontwikkeling kortkursusse en werkswinkels in verskeie velde aan.Studente  en akademiese fasiliteite is uit die boonste rakke! ’n Nuwe biblioteekgebou sal in Junie 2013 voltooi wees.

Die kampus het ’n polsende reputasie vir voortreflikheid in sport en kultuur. Hy het sy eie Krieketakademie en Fietsry-akademie, en ’n roeiklub wat by Roei SA geregistreer is. Liggaamsbou is tans ’n gewilde sport onder studente.

Rugby
Hokkie
Krieket (mans en vroue)
Netbal
Sokker (mans en vroue)
Liggaamsbou (mans en vroue)
Dans
Skaak

Op kultuurgebied is studente van die Kampus befaamd vir hulle debatteervaardighede. Die Riverine Toast Master-afdeling neem gereeld aan openbare redevoeringsgeleenthede deel en help ook leerders van plaaslike skole om hulle redenaarskunsvaardighede te slyp.