NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Biblioteekdienste van die Noordwes-Universiteit

 

Wagwoorde en probleme  

Wagwoorde
Toegang tot die databasisse en e-tydskrifte waartoe die verskillende biblioteke inteken vereis die gebruik van 'n gebruikersnaam en wagwoord.

Mafikengkampus-Biblioteek:

Op-kampus toegang:

  • Toegang word deursigtig gegee via die Ezproxy bediener. Jy benodig 'n brandmuur gebruikersnaam en wagwoord . Die brandmuur gebruikersnaam en wagwoord kan by jou kampus IT verkry word. Skakel 018 389 2013/6.  
  • Sommige van die e-tydskrifte is individuele inskrywings wat nie via 'n Ezproxy bediener (ip-validasie) werk nie. Hulle benodig 'n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Skakel asseblief 018 389 2419 indien jy 'n ander gebruikersnaam en wagwoord as jou brandmuur gebruikersnaam en wagwoord gevra word.

Af-kampus toegang:

  • Jy moet 'n geregistreerde student wees van die Noordwes-Universiteit: Mafikengkampus om af-kampus toegang tot die databasisse en e-tydskrifte te kry waarop die biblioteek inteken.
  • Toegang word verskaf via 'n Ezproxy bediener. Jy sal gevra word vir jou van en id-nommer om toegang tot die databasisse en e-tydskrifte te verkry. Skakel 018 299 2802 indien jy nie toegang met jou van en id-nommer kan kry nie.
  • Sommige van die e-tydskrifte is individuele inskrywings wat nie via 'n Ezproxy bediener (ip-validasie) werk nie. Hulle benodig 'n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Skakel asseblief 018 389 2419 indien jy gevra word vir 'n ander gebruikersnaam en wagwoord as jou van en id-nommer .
  • As gevolg van lisensie beperkings is databasisse soos Butterworths en Juta slegs op kampus beskikbaar.
Potchefstroomkampus-Biblioteek:

Op-kampus toegang:

  • Toegang word deursigtig gegee via die Ezproxy bediener. Jy benodig 'n brandmuur gebruikersnaam en wagwoord . Die brandmuur gebruikersnaam en wagwoord kan by jou kampus IT verkry word. Skakel 018 299 2700.  
  • Sommige van die e-tydskrifte is individuele inskrywings wat nie via 'n Ezproxy bediener (ip-validasie) werk nie. Hulle benodig 'n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Skakel asseblief (018) 299 2802 indien jy 'n ander gebruikersnaam en wagwoord as jou brandmuur gebruikersnaam en wagwoord gevra word.

Af-kampus toegang:

  • Jy moet 'n geregistreerde student wees van die Noordwes-Universiteit: Potchefstroomkampus om af-kampus toegang tot die databasisse en e-tydskrifte te kry waarop die biblioteek inteken.
  • Toegang word verskaf via 'n Ezproxy bediener. Jy sal gevra word vir jou van en id-nommer om toegang tot die databasisse en e-tydskrifte te verkry. Skakel 018 299 2802 indien jy nie toegang met jou van en id-nommer kan kry nie.
  • Sommige van die e-tydskrifte is individuele inskrywings wat nie via 'n Ezproxy bediener (ip-validasie) werk nie. Hulle benodig 'n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Skakel asseblief 018 299 2802 indien jy gevra word vir 'n ander gebruikersnaam en wagwoord as jou van en id-nommer .
  • As gevolg van lisensie beperkings is databasisse soos Butterworths en Juta slegs op kampus beskikbaar.

Vaaldriehoekkampus-Biblioteek:

Op-kampus toegang:

  • Toegang word deursigtig gegee via die Ezproxy bediener. Jy benodig 'n brandmuur gebruikersnaam en wagwoord . Die brandmuur gebruikersnaam en wagwoord kan by jou kampus IT verkry word. Skakel 016 910 3324/8.  
  • Sommige van die e-tydskrifte is individuele inskrywings wat nie via 'n Ezproxy bediener (ip-validasie) werk nie. Hulle benodig 'n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Skakel asseblief 018 299 2802 indien jy 'n ander gebruikersnaam en wagwoord as jou brandmuur gebruikersnaam en wagwoord gevra word.

Af-kampus toegang:

  • Jy moet 'n geregistreerde student wees van die Noordwes-Universiteit: Vaaldriehoekkampus om af-kampus toegang tot die databasisse en e-tydskrifte te kry waarop die biblioteek inteken.
  • Toegang word verskaf via 'n Ezproxy bediener. Jy sal gevra word vir jou van en id-nommer om toegang tot die databasisse en e-tydskrifte te verkry. Skakel 018 299 2802 indien jy nie toegang met jou van en id-nommer kan kry nie.
  • Sommige van die e-tydskrifte is individuele inskrywings wat nie via 'n Ezproxy bediener (ip-validasie) werk nie. Hulle benodig 'n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Skakel asseblief 018 299 2802 indien jy gevra word vir 'n ander gebruikersnaam en wagwoord as jou van en id-nommer .
  • As gevolg van lisensie beperkings is databasisse soos Butterworths en Juta slegs op kampus beskikbaar.


Probleme: Ezproxy
'n Proxy bediener gee toegang tot ons databasisse en e-tydskrifte. Dit beteken dat jy jou gebruikersnaam en wagwoord net een keer intik om toegang tot al ons databasisse te kry.

Meer inligting rakende :
Moontlike probleme om toegang tot ons databasisse via Ezproxy te kry:
(Die probleme bestaan gewoonlik as jy 'n "This page cannot be displayed" venster in jou Internet Explorer leser kry)

1. Brandmuur (firewall) probleme

Die meeste Internet diensverskaffers beperk nie die areas waartoe hulle gebruikers toegang het nie. Tuisgebruikers ondervind dus gewoonlik nie 'n probleem met brandmure (firewalls) nie. ADSL lyne het wel 'n brandmuur (firewall) probleem. Jy moet jou brandmuur deaktiveer wanneer jy die biblioteek se databasisse gebruik. Kliek hier vir die prosedure om jou firewall te deaktiveer op 'n Intekom ADSL lyn.

Besighede (bv. Absa, myne en opvoedkundige instansies) gebruik meestal wel brandmure en beperk gewoonlik die inligting waartoe hulle werknemers toegang het. Indien besighede bereid is om toegang aan hulle werknemers te verskaf tot die biblioteek se databasisse moet die besigheid dit moontlik maak vir die biblioteek se Ezproxy bediener om deur hulle brandmuur te beweeg. Indien die besigheid nie die brandmuur wil oopmaak vir die Ezproxy bediener nie kan gebruikers nie toegang kry tot die biblioteek se databasisse nie.

Dit is belangrik om te verstaan dat besighede se brandmuur beperkings nie uniek is aan Ezproxy nie, maar oral bestaan waar 'n proxy oplossing vir afstand toegang geïmplimenteer word.

2. Poort probleme

Ontstaan gewoonlik wanneer jy toegang probeer verkry vanaf besighede, en wanneer jy of "proxy by port", of "proxy by hostname" met 'n LoginPort anders as poort 80 gebruik. Indien dit die geval is kan jy die brandmuur (firewall) verander om toegang toe te laat, of om te beweeg na "proxy by hostname" en deur LoginPort 80 te gebruik.

Ezproxy gebruik poorte 2048 - 2248 (uitsluitend 2049, wat die brandmuur administrateur mag kies om geblok te hou as Ezproxy NFS gebruik. Die biblioteek se Ezproxy gebruik nie NFS nie). http://www.oclc.org/support/documentation/ezproxy/howmanyports.htm

Indien u die bogenoemde stappe gevolg het en nog steeds nie toegang tot ons databasisse kan kry nie skakel asb 018 299 2802.



 

© 2009 North-West University. All rights reserved.
Terms and Conditions