Printer-friendly version
Print
-A A +A
Font Size     
RSS Feeds
Share this
Email / Bookmark

OTHER INFORMATION

 

Library Services of the North-West University

Vaal Triangle Campus 

FAQ's

The Library's answers and suggestion:

 blou_buttonBooks

blou_buttonPrinting

blou_buttonLoan record

blou_buttonStudy areas

 

Books

blou_button  Hoe kan ek 'n boek wat uitgeneem is bespreek?

 

  •  
Vanaf ons webblad, kies Boeke (Katalogus). Doen dan 'n soektog en lokaliseer 'n spesifieke titel.  Indien die boek uitgeneem is, kan jy dit vir jou bespreek deur te kliek op Request bo-aan die blad.
  •  
Daar is dan 2 blokkies wat voltooi moet word - voltooi die eerste bloot met jou van en eerste voorletter, bv kruger, h
  •  
In die volgende blokkie sleutel jou personeelnommer in.

 

Die bespreking vind nie dadelik elektronies plaas nie, maar word elke oggend individueel deur een van ons personeellede gedoen, aangesien 'n terugvranota aan die huidige lener uitgestuur moet word.

blou_button  Hoe kan ek my boeke hernu?
Boeke kan telefonies (016-910 3170), persoonlik, per e-pos (vtcloan@nwu.ac.za) of via die webblad hernu word. Indien u dit persoonlik in die biblioteek doen, hoef u nie die boeke fisies by u te hê nie.  Gee net u kaart aan 'n personeellid by Leendienste en vra vir die verlenging van die leenperiode.  U mag boeke vir twee ekstra leenperiodes verleng.  As u dit dus self via die Webblad hernu en die stelsel u nie toelaat nie, beteken dit dat u dit al te veel keer hernu het.  U moet dan met Leendienste in verbinding tree of die boeke terugbesorg om boete te voorkom.

Boeke wat reeds so lank uitstaande is dat 'n faktuur gegenereer het, kan NIE hernu word nie. Boeke wat deur ander gebruikers bespreek is, kan ook NIE hernu word nie, en u sal dus versoek word om dit terug te besorg.

blou_button  Hoeveel boete betaal ek per dag?
Boete word bereken teen 20c per boek per dag.  As u agterstallige boete meer as R10.00 beloop, kan leendienste tydelik opgeskort word.  Slegs boetes van meer as R30 kan na die studenterekening oorgedra word. 

pyl_op

Printing 

blou_button  Wat kan ek doen as ek na-ure agterkom dat ek nie meer drukkrediet op my kaart beskikbaar het nie en dan nêrens meer geld kan inbetaal nie?
Indien u u inligting na 'n stiffie kan oordra, kan die personeellid by Sleutelbord onder in die kelder dit teen 40c per bladsy uitdruk.

blou_button  Hoe kan ek in die Biblioteek fotostate maak?
Die fotokopieerdiens is in die Biblioteek op die grondvloer. Kleingeld word NIE in die Biblioteek voorsien nie.  Maak dus seker dat u oor genoeg kleingeld beskik.  A4-kopieë kos 30c  per kopie.  A3-kopieë kan op aanvraag gedoen word.

Benewens kopieë lewer Platinum Press verskeie ander dienste aan studente: 

 

  •  
Uitdrukke
  •  
Fakse
  •  
Kleurdrukwerk
  •  
Ringbindwerk
  •  
Laserdrukwerk
  •  
Rofwerkpapierblokke

 

Die diensure van die Platinum Press (Gebou 25) is vanaf 08:00 tot 16:30.  Kontakpersoon: Juliana Potgieter by 016-910 3375.

pyl_op

Loan record 

blou_button  Wat moet ek doen as ek my adres wil verander?
Adresveranderings kan nie in die Biblioteek gedoen word nie.  Die Biblioteek kry die studentegegewens van die Administrasie af.   Indien u selfoonnommer, telefoonnommer of enige adres (pos-of woonadres) verander, moet u dit dus asseblief onverwyld by die Administrasie (waar u geregistreer het) gaan aanmeld, of voltooi 'n vorm in die Biblioteek. As u adres of telefoonnommer by die Biblioteek foutief is, kan ons nie met u in verbinding tree of  nota's stuur as boeke gekom het of dit onder u aandag bring as boeke deur ander studente benodig word nie.

pyl_op

 

Study areas 

blou_button  Wat moet ek doen as mede-studente in die studieruimtes om my sit en gesels / kuier as ek wil studeer?
Kom asseblief dadelik na die naaste dienstoonbank (Leendienste: op grondvloer of na die tydskriftoonbank, of na Inligtingsdienste). Die personeel sal dan die betrokke studente  versoek om stil te wees of te verskuif.  Daar is twee seminaarkamers wat deur studente vir groepsprojekte gebruik kan word.  Dit kan vooraf bespreek word by Inligtingsdienste of, indien beskikbaar  by aanmelding, enige tyd gebruik word.  Die sleutels is by Inligtingsdienste (2de vloer)  beskikbaar.
 

pyl_op