|
Kies u taal hieronder: |
||||||
Ingenieursstudent spog met wenprys
Potchefstroom - ‘n Kerningenieurswese student van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het onlangs met die eerste plek weggestap by in internasionale kongres in Kaapstad.
Yvotte Brits het die beste plakkaatvoorlegging in sy afdeling by die International Youth Nuclear Congress (IYNC) gegee. Die voorlegging was oor sy meestergraadprojek, Tegno-ekonomiese analise van die 100MWe Potchefstroom Eksperimentele Korrelbedreaktor-aanleg.
Yvotte Brits
Die gevolgtrekking van sy navorsing is dat die 40MWe hoë temperatuur-kernaanleg winsgewend in verskeie lande opgerig kan word. Die aanleg neem sowat die helfte van ‘n sokkerveld in beslag en kan dus naby stede en dorpe aangelê word wat die duur kostes van transmissielyne uitskakel en waarde toevoeg tot die stabiliteit van elektrisiteit en die kweekhuis-effek in ‘n land.
Brits het sy meestersgraad in kerningenieurswese onder leiding van prof Eben Mulder by die Nagraadse Skool vir kernwetenskap- en ingenieurswese gedoen. Hy het hom ook bedank vir sy wysheid, leiding en motivering tydens sy projek.
Gepubliseer deur: Pertunia Thulo
018 299 4919