Printer-friendly version
Print
Share this
 

FACULTY OF ARTS
School of Music & Conservatory

Concerts 2012

 

Potchpourri! — The Leap Year Concert

Potchpourri!

The annual concert series of the School of Music, NWU traditionally starts with Potchpourri! and for the 22nd consecutive year staff and students will present a programme full of dazzle and dizziness, and all in great fun. This includes a wide variety of instruments and genres, from jazz and Broadway to marimbas, pianos, bassoon, vibraphone and saxophone. Even a YouTube hit will be presented. And don't forget the inevitable PDQ Bach item ... there might even be two!

Each year music lovers are disappointed when they've missed Potchpourri! for one reason or the other. Therefore, two shows of this popular programme will be presented. The first is on the regular concert night, Tuesday 28 February, with a repeat performance on Leap Day, Wednesday 29 February. Both shows start at 19:30 in the Conservatory Hall.

An exciting new development from this year is that tickets for all the School of Music concerts are now available at several outlets in the city, and even on the internet. Apart from the Conservatory, tickets can also be bought at PUK-Arts in the Heimat building (F9) on the university campus, Protea Book Shop on the Bult, and Print Café in the MooiRivier Mall. Tickets can also be bought with a credit card on the internet at www.artema.co.za. Finally, tickets will still be available half an hour before each concert at the box office.

 


 

Potchpourri! — Die Skrikkeljaarkonsert

Die Skool vir Musiek, NWU se jaarlikse konsertreeks begin tradisioneel met Potchpourri! en vir die 22ste agtereenvolgende jaar sal personeel en studente weer 'n program aanbied vol sprankel én verspottigheid, maar alles groot pret en plesier. Dit sluit 'n wye verskeidenheid instrumente en genres in, van jazz en Broadway tot marimbas, klaviere, fagot, vibrafoon en saxofoon. Selfs 'n YouTube-treffer kom aan die beurt. En moenie die onvermydelike PDQ Bach-item vergeet nie ... vanjaar is daar dalk twee!

Aangesien daar jaarliks konsertgangers is wat spyt is omdat hulle Potchpourri! vir een of ander rede misgeloop het, sal twee vertonings van hierdie gewilde program aangebied word. Die eerste is op die normale konsertaand, Dinsdag 28 Februarie, met 'n herhaling op Skrikkeldag, Woensdag 29 Februarie. Altwee vertonings begin om 19:30 in die Konservatoriumsaal.

'n Opwindende nuwe ontwikkeling van vanjaar af, is dat kaartjies vir al die Skool vir Musiek se konserte nou by verskeie plekke in die stad beskikbaar is, en selfs op die internet aangekoop kan word. Buiten die Konservatorium self, kan kaartjies ook gekoop word by PUK-Kunste in die Heimatgebou (F9) op die universiteitskampus, Protea-Boekwinkel op die Bult, en Print Café in die MooiRivier Mall. Kaartjies kan ook op die internet met 'n kredietkaart gekoop word by www.artema.co.za. Laastens sal kaartjies steeds 'n halfuur voor elke konsert by die loket beskikbaar wees.

 

Updated by Jaco van der Merwe on 2012-02-15