Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE - VAALDRIEHOEKKAMPUS
Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe

Oor ons

Die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe se doelwit is om sy kundigheid aan te wend om tot die ontwikkeling van mensehulpbronne by te dra ten einde in die behoeftes en uitdagings van onderwys in Suid-Afrika te voorsien. Die skool is verbind tot opleiding wat onderwyspraktisyns, navorsers, kurrikulumontwikkelaars, opvoedkundebestuurders en administrateurs en beraders van 'n ho gehalte verskaf.

Die skool het talle werksooreenkomste met plaaslike onderwysdistrikte en die Departement van Onderwys, byvoorbeeld:

  • Indiensopleiding van onderwysers

  • Assessering van en vir leer

  • Kortkursusse voor voorskoolse onderwysers

  • Opleiding van studente vir die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) vir die Gautengse Departement van Onderwys.