Printer-friendly version
Druk
Share this
 

header
Navorsing: UPSET

Direkteur se verwelkoming

UPSET is ’n navorsingsfokusarea wat die begrip en verwerking van taal in komplekse kontekste ondersoek. Ons is nie kopsku vir ongewone vorms van taal, of ongewone gebruikers nie, en beperk ons beslis nie tot ’n mitiese, en waarskynlik niebestaande moedertaalspreker in ’n fiktiewe homogene spraakgemeenskap, wie se taal deur sulke veronderstelde irrelevante faktore soos menswees of as midde in die werklikheid onaangeraak is nie.

Taalpraktyk (vertaling, redigering, onderskrifte, tolking en selfs meer) is een van die komplekse kontekste waarin ons werk. Ons wil weet hoe tekste van een omgewing en in een kode na ’n ander beweeg en sin maak (of nie), en hoe hierdie onderskeie tekste wat oorgedra word mense in staat stel om makliker aan die samelewing en akademiese wêreld deel te neem.

Ons omhels die meertalige aard van die Suid-Afrikaanse samelewing, en aanvaar dat die meeste samelewings meertalig is. Enige toegepaste linguistiese ondersoek moet dus ingebed wees in die outentieke konteks van die linguistiese werklikheid waarin ons leef. Ons navorsing oor taalverwerwing, ‑handhawing, ‑beleid, ‑onderrig, lees en skryf en akademiese geletterdheid is ingebed in die meertalige konteks waarin ons leef.

Suid-Afrika bied ’n uitstekende laboratorium van taalkontakopsette waarin inheemse en koloniale tale met mekaar in kontak kom en mekaar beïnvloed. Ons ondersoek die linguistiese gevolge van deurlopende taalverandering en kyk veral hoe Afrikaans en Engels die afgelope twee eeue in Suid-Afrika gevorm is en verander het. Ons doen dit deur korpora te versamel en die data uit gebruiksgebaseerde perspektiewe te vertolk.

 

Prof Bertus Van Rooy