
FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE - VAALDRIEHOEKKAMPUS
Oor ons
Die Fakulteit Geesteswetenskappe is een van die twee fakulteite op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) wat voorgraadse sowel as nagraadse programme in die ontwikkeling van afgeronde en gekwalifiseerde graduandi aanbied.
Die Fakulteit Geesteswetenskappe is ’n uiters dinamiese bron van akademiese prestasie wat uit vier skole bestaan, naamlik:
Die fakulteit se saamgestelde struktuur moedig interdissiplinre en transdissiplinre samewerking en navorsing aan. Die lede van die fakulteit, wat onder die vier skole versprei is, is trots op die ho akademiese standaarde, die ontwikkeling van kundiges, relevante en toonaangewende navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid.


