
Vaaldriehoekkampus - Ctrans
Oor ons
Professionele taalpraktisyns, die nuutste vertaaltegnologie en opwindende toekomsplanne – CTrans beskik oor alles wat jy in taal nodig mag h. Hoeveel meer gerus sou jy nie voel met die wete dat jou taalprobleme op 'n vinnige, vriendelike en effektiewe wyse hanteer word deur ’n besigheid wat gegroei het van indiensopleidingsentrum tot 'n besigheid wat op internasionale vlak handel nie
Ons praat hier van 'n nuwe generasie taaldienste wat die wreld om jou sal verander. Ons naamsverandering van BABEL na CTrans (Centre for Translation and Professional Language Services) reflekteer ons dinamiese en transformerende aard sowel as ons professionele houding. Ons taalpraktisyns is ervare en gekwalifiseerde, geakkrediteerde of geswore vertalers en lewer diens in Engels, Afrikaans asook verskeie Afrika- en Europese tale.
CTrans brei voortdurend uit en ons toekomsplanne sluit die vestiging van 'n oudiovisuele vertaalsentrum in, waar onderskrifte en oudio-beskrywing op 'n professionele wyse uitgevoer kan word. Ons beplan ook 'n akademiese taalsentrum en wil graag ons opleidingsentrum op s 'n wyse uitbrei dat dit aan aanvraag uit die industrie voldoen.
Die nuutste verwikkeling in CTrans is die instelling van 'n tegniese vertaling-hulpbronsentrum wat deur die internasionale vakkundige, Professor Brian Careless, ontwikkel is. Hierdie sentrum is spesifiek ontwikkel vir gebruik deur navorsers, studente en vryskuttaalpraktisyns.


