Printer-friendly version
Druk
Share this
 

TREES: Tourism Research in Economic Environs and Society

Huidige nuus

HOOGTEPUNTE 2011

PERSONEEL

  • Verskeie personeellede op bestuurkomitees van:

  • International Global Sustainable Tourism Conference in Mbombela

  • 7th International Wildlife Ranching Symposium in Kimberley

  • Advances in Tourism Economics

  • Prof Waldo Krugell lewer sy intreerede.

  • Prof Andrea Saayman aangewys vir nog ’n termyn by die International Association of Tourism Economics.

  • Stel ons tweede en derde nadoktorale genote aan (Dr Francesca Cini; Dr Serena Lucrezi).

  • Prof Donald Getz aangestel as besoekende professor.

  • Mej Susan Oberholzer is permanent aangestel.

  • Stel ’n statistikus aan vanaf 2012 (Marike Krugell)

  • Prof A Saayman en Prof M Saayman is benoem tot die organisasiekomitee van die Consumer Behaviour Tourism Simposium.

  • Prof M Saayman is benoem tot uitvoerende lid van die organisasiekomitee Advances in Tourism Economics.

  • Prof M Saayman was gasredakteur van ’n spesiale uitgawe van Tourism Economics.

TOEKENNINGS

  • Mej Susan Oberholzer en prof Elmarie Slabbert ontvang die toekenning vir die beste referaat in die Social and Economic Impacts: Local community-afdeling by die International Conference on Global Sustainable Tourism gehou in Mbombela.

  • Dr Martinette Kruger, prof Melville Saayman en mev Karin Botha ontvang derde plek in die Effective Sustainable Tourism Management-afdeling by die International Conference on Global Sustainable Tourism gehou in Mbombela

  • Prof M Saayman ontvang die toekenning as mees produktiewe senior navorser aan die Noordwes-Universiteit. 

  • Prof Andrea Saayman ontvang die derde prys by die Young Women in Sciences Awards.

NAVORSING

  • Groei in die aantal nagraadse studente.

  • Big Concerts-ooreenkoms vir navorsing oor musiek- en teater-gebeurtenisse.

  • Toename in publikasies.

  • Rekord aantal opnames (72).

  • Rekord aantal vraelyste ontwikkel (52).

  • NIS word ’n fokusarea.

  • Die nuwe naam TREES (Tourism Research in Economic Environs and Society) word bekendgestel.

  • Ooreenkoms met Ezemvelo KZN Conservation.

  • Eerste jaar wat alle navorsers publiseer.