
TREES: Tourism Research in Economic Environs and Society
Hoogtepunte 2009
Navorsingshoogtepunte van 2009 het ingesluit:
* ’n Rekordgetal van 20 meesters- en doktorsgrade is voltooi.
* ’n Rekordgetal internasionale konferensiereferate is ook aangebied, naamlik 16.
* Prof. Melville Saayman het die toekenning vir die tweede produktiefste senior navorser aan die Noordwes-Universiteit vir sy publikasies in 2009 ontvang.
* Dr. Peet van der Merwe is tot medeprofessor bevorder.
* Die instituut het verder geslaag met sy poging om ’n belangrike internasionale konferensie na ons geriewe te lok, naamlik die AIEST wat in September 2010 aangebied word.
* Mej. Marinette Kruger het die Absa Bronsmedalje vir die beste meestersgraad aan die Noordwes-Universiteit vir 2009 ontvang.
* Die Instituut vir Toerisme en Vryetydstudies het met sukses op 20-22 Oktober 2009 die derde internasionale ICNT (International Competence Network of Tourism Research and Education) in Potchefstroom aangebied.
* Groter samewerking met die bedryf is bereik, byvoorbeeld ’n 3-jaar MvV is met die Kaapse Filharmoniese Orkes gesluit.


