Prof Mamokgethi Phakeng

Prof Mamokgethi Phakeng

Invloedryke leier in onderwys

Prof Mamokgethi Phakeng word as een van die invloedrykste vroue in Suid-Afrika beskou. Sy staan nou aan die stuur van die Universiteit van Kaapstad, waar sy in 2018 as visekanselier aangestel is, en speel ’n leidende rol in die Suid-Afrikaanse onderwyssektor.

Sy het verskeie leierskapsposisies beklee, waaronder Unisa se adjunkhoof vir Navorsing en Innovasie en uitvoerende dekaan van Unisa se Kollege vir Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie.

Prof Mamokgethi is ’n gerespekteerde wiskundige met ’n PhD in Onderwyswiskunde van die Universiteit van die Witwatersrand, het ’n B1-gradering en het meer as 80 eweknie-beoordeelde artikels en vyf geredigeerde bundels gepubliseer. Sy het ’n BA Ed-graad (1988) aan die voormalige Universiteit van Noordwes behaal.

Haar invloed op die gebied van wiskunde is omvattend. Sy is ’n voormalige nasionale voorsitter van die Vereniging vir Onderwyswiskunde Suid-Afrika (AMESA), en voormalige voorsitter van die raad van die Suid- Afrikaanse Wiskundestigting (SAWS).

As dinamiese leier was sy ook ’n lid van die raad van die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) en voorsitter van die konvokasie van Wits Universiteit.

Haar harde werk het vir haar erkenning verdien, nie net vir navorsing nie, maar ook vir haar gemeenskapswerk. Die Orde van die Kremetart (silwer) is in 2016 aan haar toegeken.

Sy het ook as besoekende professor die verhoog by verskeie internasionale konferensies en universiteite bestyg. Bristol Universiteit in die Verenigde Koninkryk het in Julie 2019 aan haar ’n eredoktorsgraad in natuurwetenskap toegeken.