Pieter Twine

Pieter Twine

Omskep maatskaplike verantwoordelikheid in aksie

Pieter Twine se verbintenis om mense te mentor en ontwikkel het die MySchool MyVillage MyPlanet gemeen-skapsfondsinsamelingsprogram van ’n kwynende droom in ’n winsgewende realiteit verander.

Hy is in 2008 aangewys om die leisels as algemene bestuurder van die sukkelende en onwinsgewende program oor te neem. Binne ses jaar het Pieter die program omgeswaai en dit finansieel volhoubaar gemaak as ’n fondsinsamelingsinstrument vir skole en liefdadigheidsorganisasies oral in Suid-Afrika.

Teen 2014 het die MySchool-inisiatief geblom, met meer as een miljoen ondersteuners wat R1 miljoen per maand vir meer as 8 000 skole insamel. Vandag samel hierdie internasionaal-bekende program ongeveer R1,25 miljoen per week in.

Pieter is ook een van die dryfvere agter MySchool se maatskaplikebeleggingsafdeling, die MySchool Thuso Fund vir skole en liefdadigheidsorganisasies. Die fokus is op strategiese beleggings en vennootskappe met skole in lae-inkomstegemeenskappe, skoolleierskapsontwikkeling en belegging in kapasiteitsbouhulbronne.

’n Ander inisiatief wat Pieter ontwikkel het, is die Woolworths Education-program, wat in vennootskap met die Departement van Basiese Onderwys bedryf word.

Dit is nie net mense wat by sy pogings baat vind nie. Pieter het ook ’n passie vir wild en was in 2010 die medestigter van die MyPlanet Rhino Fund, wat meer as R250 000 per maand vir renosterbewaringsinisiatiewe insamel.

Pieter het al talle toekennings en pryse ontvang vir sy werk, wat jongmense in voorheen-benadeelde gemeenskappe bemagtig en vir hulle geleenthede skep.

Hy het in 1994 ’n BA-graad aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal.