
OUERS
Inligting vir ouers
Dankie dat u die hoër onderwys van u seun of dogter aan die NWU toevertrou. U keuse van universiteit is verstandig, soos u sal sien wanneer u sy of haar vordering in die jare vorentoe volg. Die rede hiervoor is dat die NWU ’n welverdiende reputasie het om goed afgeronde graduandi te lewer wat gereed is om met ’n suksesvolle loopbaan te begin, tot die samelewing by te dra en ’n gebalanseerde, doelgerigte lewe te lei.
Ons beskou die ouers van studente as belangrike vennote om studente te help om ’n gladde oorgang van skool na universiteit te maak, en ook om die meeste te haal uit die talle leergeleenthede wat ons aanbied.


