
Skool vir Mensehulpbronwetenskappe
Skooldirekteur se verwelkoming
Die Skool vir Menshulpbronwetenskappe wil homself:
-
posisioneer as 'n waardegedrewe skool wat daarna streef om 'n verskil te maak, deur die nastreef van kennis, toepassing van kennis en innovering, en deur plaaslik betrokke te wees, en nasionaal relevant en internasionaal erken te word;
-
goed afgeronde graduandi te ontwikkel, te onderrig en te bemagtig sodat hulle daartoe in staat sal wees om lateraal en krities te kan dink en om die land en al sy mense te dien;
-
relevante navorsing van gehalte te lewer wat innoverende oplossings bied tot uitdagings waarvoor die vakkundige gemeenskap en die land te staan kom;
-
met die kundigheid van onderrig en navorsing die gemeenskap te dien tot voordeel van die professie en die land;
-
daarna streef om nasionaal as 'n goed bestuurde en innoverende skool met 'n kliëntfokus en 'n gehaltefokus erken te word; en
-
leierskapvaardighede en 'n ondernemingsingesteldheid by studente te kweek.

Prof Jan Visagie


