Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Skool vir Mensehulpbronwetenskappe

Tuisblad

Voorgraadse programme wat in die Skool vir Mensehulpbronwetenskappe aangebied word, sluit die volgende in:

• Mensehulpbronbestuur; en
• Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur.

Die doel van die programme is om die student toe te rus om mensehulpbron-, bedryfsekonomies-, arbeidsverhoudinge-, bedryfpsigologiese en psigologiese verskynsels in die werkskonteks te ondersoek en te hanteer ten einde individuele-, groeps-, organisasie- en ondernemingseffektiwiteit te verseker.

Toelatingsvereistes vir die programme:

• Universiteitstoelating;
• APS-telling van minstens 24; en
• Wiskunde vlak 3 (40-49%).

Die Mensehulpbronbestuur en Bedryfsielkunde-, en Arbeidsverhoudinge-bestuurs- grade is deur die eksterne beroepsrade geëvalueer en word deur hulle erken. Studente kan na afloop van hul studies, asook die relevante praktykervaring, by die rade registreer.  Na afloop van die bedryfsielkunde honneurs kan die studente hulle reeds aanmeld vir die aflê van die psigometris-eksamen by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA). Die verlangde aantal praktiese ure wat vereis word vir toelating tot hierdie eksamen, word gedurende die studietydperk voltooi.  Met die nodige praktiese ervaring, kan die student na afloop van die verwerwing van die Arbeidsverhoudinge-  sowel as die Mensehulpbron- en die Bedryfsielkunde honneursgrade as geoktrooieerde mensepraktisyn by die SA Raad vir Mensepraktyke registreer.


Na suksesvolle voltooiing van honneursgrade in die drie bogenoemde rigtings kan daar ingeskryf word vir 'n meesters (MCom) en daarna vir 'n PhD-graad (in die geval van die PhD tans slegs in Arbeidsverhoudinge of Bedryfsielkunde), nadat 'n kandidaat die keuringsprosedures suksesvol voltooi het.


'n Meestersgraad in bedryfsielkunde kan lei tot registrasie as bedryfsielkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) na die voltooiing van 'n een jaar internskap, asook die slaag van 'n ekserne eksamen.  ’n PhD in Arbeidsverhoudinge en Bedryfsielkunde is daarop ingestel om die vernuf in navorsing in die betrokke velde te verbreed of om spesifieke onderwerpe na te vors.

Meer inligting oor die verskillende kurrikulums