
FAKULTEIT INGENIEURSWESE
Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese
Lengte van Kursus: 4 Jaar
Hedendaagse helde! Hierdie klomp is groot op kragopwekking, elektriese sisteme, stroombane, radiosenders, rekenaars, transistors, sagteware-ontwikkeling, mikroskyfies, avionika en kunsmatige intelligensiesisteme.
Dié opwindende loopbaan staan aan die voorpunt van lewensveranderende innovasie soos Facebook, die www, selfone, mediaspelers, lasers en rekenaars. Ons gegradueerdes is baie gesog onder werkgewers en nagraadse professionele skole in Suid-Afrika – gaan groot!
Elektriese Ingenieurs is meestal betrokke by die opwekking, bestuur, verspreiding, ontwerp, vervaardiging, toepassing en instandhouding van elektriese en kragopwekkingsisteme.
Elektroniese Ingenieurs is betrokke by die toets, ontwikkeling, oordrag en seinverwerking van data en die toepassing van hierdie inligting- en bestuursisteme. Dit sluit ook die ontwerp en vervaardiging van komponente en stroombane vir versterkers, radiotransmitters, rekenaars, transistors, geïntegreerde stroombane, mikrogolwe, supergeleiers en die voorkoming van geraas in elektroniese toerusting in.
Rekenaar Ingenieurs is meestal betrokke by die ontwikkel van sagteware vir mikro-elektroniese stroombane. Hierdie word in rekenaarsisteme gebruik, wat dan weer in al die takke van elektriese, elektroniese en rekenaar ingenieurswese toegepas kan word. Mikroskyfies en super elektroniese sisteme vorm die basis van meeste elektriese/elektroniese toestelle in die industrie, verbruikersmark, die mediese veld, telekommunikasie, prosesbestuur, kragverspreidingsisteme, vervoersisteme, avionika en gespesialiseerde toepassings soos kunsmatige intelligensiesisteme.
| Kwalifikasies | Waar sal ek werk? |
|
Die NWU bied twee B.Ing programme binne die Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaar Ingenieurswese aan: |
As 'n elektriese, elektroniese of rekenaar ingenieur sal jy baie werksvooruitsigte in Suid-Afrika, sowel in die buiteland, hê. Industrieë sluit in: |
|
|


