Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Skool vir Ekonomie

Toelating en Toelatingsvereistes

Die toelatingsvereistes vir die BCom graad by die Skool vir Ekonomie is soos volg:

Die BCom-grade vereis 'n minimum APS-telling van 24 en Wiskunde vlak 4. Vanweë kapasiteitsbeperkings kan 'n bykomende vereiste gevra word soos bv. 'n minimum gemiddelde persentasie in graad 11. Spesifieke toelatingsvereistes per kurrikulum word hieronder gelys. Vir 'n volledige uiteensetting oor die toelatingsvereistes, klik op NWU-toelatingsvereistes.

Spesifieke Toelatingsvereistes vir BCom (3jr)

E340P BCom Ekonomie en Internasionale Handel
APS-telling 24, Wiskunde vlak 4

E343P BCom Ekonomie en Informatika
E341P BCom Ekonomie en Risikobestuur
APS-telling 28, Wiskunde vlak 4 

E342P BCom Ekonomie, Risiko- en Beleggingsbestuur
APS-telling 28, Wiskunde vlak 5
Alle studente wat vir BCom Risiko- en Beleggingsbestuurs gaan registreer, let asb. op die volgende:
Om 'n beter oorgang te maak vanaf skoolwiskunde na universiteitswiskunde, word 'n Wiskunde opknapkursus jaarliks op die Potchefstroomkampus van die NWU aangebied.  Alle studente wat inskryf vir programme waarin hoofstroom Wiskunde aangebied word, is verplig om die kursus by te woon.  Daar word 'n toets voor die aanvang van die kursus geskryf. Lees die meegaande inligtingstuk vir meer inligting.  Notas en Wiskunde oorlewingsgids

Studente wat nie Rekeningkunde as skoolvak gehad het nie, word sterk aanbeveel om die Basiese Rekeningkunde kursus aan die begin van die eerste semester te neem, voordat daar met ACCF111 begin word. Indien 'n student aan die einde van die eerste semester 65% in ACCF111 behaal kan die student tot ACCC121 in die tweede semester toegelaat word. Navrae ivm die Basiese Rekeningkundekursus kan gedoen word by:
Prof Danie Schutte
Me Magriet Weyers


Spesifieke Toelatingsvereistes vir honneurs in BCom

Die e-Jaarboek gee volledige graadinligting, vakke en nagraadse toelatingsvereistes.