Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT INGENIEURSWESE

Chemiese en Mineraal Ingenieurswese

Lengte van Kursus: 4 Jaar

Die Chemiese- en Mynindustrieë is twee van die land se grootste Bruto Binnelandse Produk (BBP) bydraers. ‘n Toekoms in hierdie vakgebied verseker dus uitstekende werksgeleenthede en –sekuriteit.

Chemiese Ingenieurs is betrokke in die navorsing, ontwerp, ontwikkel en bestuur van industriële prosesse waarby roumateriale na prdukte met hoër ekonomiese waarde omgesit word.

Hierdie prosesse bestaan in die vervaardiging van plastiek, sintetiese vesels, brandstofraffinering, plofstowwe, voedselverwerking, misstowwe, farmaseutiese en kernindustrieë. Dink hier aan die prosesse wat mielies in Corn Flakes, steenkool na petrol en alge na elektrisiteit omsit.

Minerale Verwerking is ‘n spesialisveld in Chemiese Ingenieurswese en behels die fisiese en chemiese prosesse wat gebruik word om metale te ontgin.

 

Kwalifikasies Waar sal ek werk?

Die NWU bied twee B.Ing. programme binne die Skool vir Chemiese
en Mineraal Ingenieurswese aan:

As ‘n chemiese ingenieur sal jy baie werksvooruitsigte in Suid-Afrika, sowel as die buiteland, hê. Jou opsies sluit in:

  • Chemiese Ingenieurswese
  • Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in Minerale Verwerking

 

Chemiese of Minerale Verwerkingsaanleg:

(Soos goud vervaardiging, suiwel- en voedselaanlegte)

  • dag tot dag bestuur van die aanleg
  • die verbetering van die aanleg deur die optimalisering van prosesse
  • die herontwerp van een of meer afdelings van die aanleg

Raadgewende Firma's:

  • spesialiseer in die ontwerp en konstruksie van chemiese aanlegte of spesifieke tipes toerusting
  • spesialiseer in tegniese verkope en bemarking, en
  • wees betrokke in die bemarking van nuwe chemikalië of chemiese prosesse.

Navorsingslaboratorium/Universiteit:

  • Die ontwikkeling en navorsing van nuwe tegnieke en tegnologie.