Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Skool vir Verpleegkunde

Oor Ons 

Welkom by die Skool vir Verpleegkunde (SONS).

ONS VISIE:

Die Skool poog om deurmiddel van kwaliteit navorsing, onderrig, opleiding, praktyk, innovasie en leierskap, die voorkeur keuse in verpleegkunde akademiese uitmuntendheid en vakgeleerdheid te wees, sodat gesondheidsuitkomste vir individue, families en gemeenskappe in Suid-Afrika verbeter kan word.

ONS MISSIE:

Die Skool vir Verpleegkunde is daaraan toegewyd om tot die optimale gesondheid van Suid-Afrikaners by te dra. Die Skool poog om hierdie missie deur uitmuntendheid in navorsing, onderrig, opleiding, praktyk, innovasie en leierskap , wat plaaslik gefokus is, nasionaal relevant is en internasionaal kompeterend is, te verwesenlik. Die Skool se missie word ook deur die Skool se leuse, Excellence beyond limits, ondersteun.

MEDEDINGENDE VOORDEEL:

Prominente nasionale en internasionale leierskapposisies wat deur personeellede gevul word, voorsien vir die kundigheid wat binne SONS voorkom, erkenning. Talle internasionale samewerkingsprojekte in navorsing en onderrig word binne die Skool onderneem. Die Skool was ook die dryfveer agter die2008 Nasionale Verpleegster Studie, wat die verwantskappe tussen verpleegster opleiding, werkstevredenheid, werknemer afdankings en pasiënt uitkomste, meet.

FASILITEITE EN TOERUSTING:

Die Skool beskik oor 'n goed toegeruste simulasie laboratorium, wat ingerig is met verskeie modelle, simulators en elektroniese opleidingsmedia vir die vakdissiplines: algemene verpleegkunde, gemeenskapsvepleegkunde, verloskunde en psigiatriese verpleegkunde.

nurse1 nurse2 Khotso Mokoena
   
indexanimation
space
Faculty News
space
wiskunde
 
kwalifikasies
reddot
Voorgraadse grade
reddot
Magistergrade
reddot
Doktorsgrade
reddot
Diplomas
reddot
Kortkursusse
 
space
 
nuttigebronne
reddot
Voorgraadse brosjure
reddot
Voorgraadse Jaarboek
reddot
Nagraadse Jaarboek
reddot
Fakulteit brosjure
 
space