
Skool vir Kurrikulumgebaseerde Studies
Vakgroepe/Vakvoorsitters
AFRIKATALE VIR ONDERWYS
Vakvoorsitter: Me Dolly Dlavane
In die Setswana Departement bied ons kernvakke asook keusevakke aan. Ons fokus daarop om studente toe te rus om die realiteite van taalonderrig as huistaal, eerste addisionele en tweede addisionele taal en die gebruik van basiese Setswana in die veeltalige klaskamers in Suid-Afrika te hanteer. In die moedertaalmodules is die onderrigtaal Setswana en in die niemoedertaalmodules is die onderrigtaal Afrikaans en Engels. Die fokus van navorsing wat tans deur lektore in hierdie departement gedoen word, is hoofsaaklik oor die vak Metodiek van Setswana as huistaal.
KERNMODULES:
Niemoedertaalmodules SECF 123/SECF 413
Moedertaalmodules SECF 122/SECF 412
In hierdie modules fokus ons op die onderrig van taal as kommunikasietaal. SECF 123 en SECF 413 is Setswana-kommunikasie vir niemoedertaalsprekers van Setswana, wat fokus op die onderrig van ’n basiese vaardigheid in Setswana wat in die skoolomgewing gebruik kan word. SECF 122 en SECF 412 is Setswana-kommunikasie, wat aan moedertaalsprekers van Setswana geleer word om Setswana-vaardighede te verbeter.
KEUSEVAKKE:
Moedertaalmodules: SEME 111/122; SEME 212/221; SEME 311/321
Niemoedertaalmodules: SENE 111/122; SENE 212/221; SENE 311/321
Inhoud word gekies om aan die onderwyser al die nodige, in-diepte kennis te verskaf rakende die inhoud van Setswana as vak, terwyl die geleentheid terselfdertyd geskep word om metodologiese en pedagogiese vaardighede te verkry.
Metodiek:
Moedertaalmodules: SEMD 211; SEMD 321; SEMD 411/421; SEMD 511/521
Niemoedertaalmodules: SEND 211; SEND 321; SEND 411/421; SEND 511/521
Die fokus van hierdie modules is metodologiese en pedagogiese vakspesifieke vaardighede vir die onderrig van Setswana as huistaal en addisionele taal. Die NKV (graad R tot 12) vorm die basis vir die voorbereiding van Setswana-onderwysers, en hierdie modules moet studente toerus om die uitdaging van Setswana-onderrig die hoof te bied.
|
|
|
Me Dolly Dlavane
|
|
+ 27 18 299 1817 |
|
|
+27 18 299 4238 |
|
|
dolly.dlavane@nwu.ac.za |
|
|
Kampus, Gebou B10, Kamer G30 |
|
|
BA, BA-Hons (Setswana), BEd-Hons, MA (Setswana) |
|
|
Letterkunde in onderwys
|
|
|
CV |
|
|
|
Mnr Johan Zerwick
|
|
+ 27 18 299 4326 |
|
|
+27 18 299 4238 |
|
|
johan.zerwick@nwu.ac.za |
|
|
Kampus, Gebou B10, Kamer G28 |
|
|
BA, BA-Hons, MA, HOD |
|
|
VreemdetaalverwerwingSetswana 1ste, 2de en 3rde taalSetswanavakdidaktiekVertaling en TolkingLewensoriëntering- MIV/vigsGemeenskapsdiens |
|
|
CV |
|
|
|
Me Y Lobelo
|
|
+ 27 18 299 2208 |
|
|
+27 18 299 4238 |
|
|
pinky.lobelo@nwu.ac.za |
|
|
Kampus, Gebou B10, Kamer G30 |



