
Afgetrede oud-Puk-personeel onthaal
Die NWU-Puk-Alumnikantoor het oud-Puk personeellede onlangs met ’n ontbyt by die visekanselierswoning trakteer.
Die geleentheid is gereël om dank en erkenning aan hulle te gee vir hul jarelange en toegewyse diens aan die universiteit.
Die oudpersoneel het ook die rektor van die kampus, prof. Herman van Schalkwyk, tydens die ontbyt ontmoet en gehoor wat sy visie tydens sy ampstermyn is. Die visekanselier, dr. Theuns Eloff, het hulle in ’n kort oorsig verseker dat dit goed met die Noordwes-Universiteit gaan.
Prof. TT Cloete het die gasheer namens die gaste bedank.
Die meeste gaste se reaksie tydens die geleentheid was “dankie dat julle ons nie vergeet het nie”, en daarmee ook bevestig dat daar altyd ’n spesiale band tussen die oud-Pukke en hulle alma mater sal wees.

Van die gaste by die ontbyt was (voor) proff. Herman van Schalkwyk (rektor van die Pukkampus) en TT Cloete (bekende digter en oudlektor). Agter is prof. CFC van der Walt (oudregistrateur) en sy vrou, Maryna, dr. Theuns Eloff (visekanselier van die NWU) en sy vrou, Suzette, proff. Daan Erasmus en sy vrou, Wilta, Dewey de Wet en Albert Viljoen.
Gepubliseer deur Vincent Eastes op 10 Mei 2010.


