Printer-friendly version
Druk
Share this
 

CTexT weer aan die voorpunt

CTexT™ by die Noordwes-Universiteit het weer eens sagteware ontwikkel wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om tegnologie in die taal van hul keuse te laat werk.

  CTexT (Sentrum vir Tekstegnologie) het onlangs, in samewerking met hul vennote in die taalkunde, speltoetsers vir nege Suid-Afrikaanse tale ontwikkel vir gebruik saam met Microsoft® Office-programme soos Microsoft Word.
  Hierdie speltoetsers, tesame met die Afrikaanse een wat deel uitmaak van CTexT se Afrikaanse SkryfGoed 2008, sal enigiemand wat dokumente in Afrikaans, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda of Xitsonga tik, help om hul skryfvaardighede te verbeter deur spelfoute te merk en alternatiewe moontlikhede voor te stel.
  Behalwe vir die herkenning van spelfoute, sluit al hierdie produkte ook woordafbrekers in.  Woordafbrekers vergemaklik bladuitleg deur lang woorde aan die einde van 'n reël op die korrekte plek af te breek.  Die Afrikaanse pakket (Afrikaanse SkryfGoed 2008) sluit ook 'n Grammatikatoetser en Tesourus in.
  “Ons het, deur noue samewerking met taalkundiges by Suid-Afrikaanse universiteite en nasionale taalliggame, speltoetsers ontwikkel wat woorde op grond van elke taal se amptelike ortografie evalueer.  Daarby kan

ctext_meisie
Die Speltoetsers kan teen ’n minimale tarief van R195, van www.spel.co.za afgelaai word.  Lisensiëringsopsies vir meervoudige gebruikers is ook beskikbaar.

gebruikers woorde tot die pasmaakwoordeboek toevoeg, wat weer help om die speltoetsers se herkenningsvermoë te verbreed terwyl dit die voortdurende ontwikkeling van ons tale, asook die gespesialiseerde aard van sekere domeine, in ag neem”, sê Mnr. Martin Puttkammer, projekleier van hierdie enorme taak.
  Hierdie is die enigste reeks speltoetsers in Suid-Afrika, gebaseer op uitgebreide navorsing deur 'n plaaslike universiteit, wat 'n diens aan tien amptelike landstale bied.

 Gepubliseer deur Nikki Nel op 22 Februarie 2010.