NWU, Potchefstroomkampus, Nuus: Eerstejaars blink op atletiekbaan

Eerstejaars blink op atletiekbaan

Villagers en Bellatrix het die dorpskoshuise se oorheersing op die atletiekbaan voortgesit, deur die eerstejaarsbyeenkoms verlede naweek oortuigend te wen.
  Villagers het ‘n allemintige 18 punte voor hul naaste teenstanders, Heimat, geeïndig; terwyl Bellatrix vir Dinki met 4 punte uitgestof het.

 2010_eerstejaarsatletiek2

©Foto geneem deur Mario van de Wall

 

  Bellatrix se uithaler-spiesgooier Gezelle Bernard is boonop as die beste dames-veldatleet aangewys, met haar indrukwekkende afstand van 45.89 m.
  Corli Swart (Dinki) was egter die groot uitblinker en het die 1500 m-stap in ‘n tyd van net 6:57.99 minute afgeblits om as die beste dames-baanatleet gekroon te word.
  Onder die mans het Caput se Hardus Maritz die 100 m-hekkies met ‘n tyd van 14.74 sekondes oorheers, terwyl Dean Wattrus (Heimat) die diskus en die gewigstoot gewen, met afstande van onderskeidelik 54.35 m en 18.13 m.
  Volgens Terseus Liebenberg, die NWU-Puk se atletiekbaas, is hy heel tevrede met die universiteit se inname vanjaar.
  “Daar is heelparty eerstejaars wat reeds uitstekend vertoon het op ‘n hoë vlak en dit voorspel goeie dinge vir die seisoen wat voorlê.”

 

 2010_eerstejaarsatletiek

©Foto geneem deur Mario van de Wall

 

Uitslae:
Mans: 1. Villagers (88 punte); 2. Heimat (70); 3. Veritas (51); 4. Puk-Dorp (48); 5. Caput (46); 6. Hombré (41); 7. De Wilgers (25); 8. Over-de-Voor (23); 9. Ratau (20); 10. Patria (14); 11. Thaba-Jäh (13); 12. Laureus (9).
Dames: 1. Bellatrix (79 punte); 2. Dinki (75); 3. Heide (42), 4. Vergeet-My-Nie en La Varia (39); 5. Kasteel (34); 6. Karlien (32); 7. Huis Republiek (20); 8. Minjonet en Klawerhof (18); 9. Wag-‘n-Bietjie (14); 10. Eikenhof (13); 11. Wanda (10); 12. Oosterhof (0).

 Gepubliseer deur Vincent Eastes op 4 Februarie 2010.