Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Buitengewone professor aan NWU wen korporatiewe toekenning

Die Noordwes-Universiteit kan met reg trots wees op prof Elain Vlok, buitengewone professor aan die Skool vir Kommunikasiestudies aan die Potchefstroomkampus, wat onlangs die eerste Supernova-toekenning van Clover ontvang het. 

Prof Elaine Vlok.

  Prof Vlok, Clover se bestuurder van korporatiewe dienste, het spesifiek erkenning gekry vir die dryfkrag waarmee sy sedert 2004 aan die spits staan van Clover Mama Afrika – Ukwakha Isizwe, ’n volhoubare korporatiewe maatskaplike beleggingsprojek (CSI-projek).  
  Om ’n Supernova-toekenning te ontvang was vir haar ’n groot, maar wonderlike verrassing. “Ek wil graag ’n voorbeeld wees van ’n gewone mens wat deur harde werk en toewyding hoë hoogtes kon bereik.”  
  Prof Vlok is ook ’n NWU-Puk-alumnus en was van 1976 tot 1988 ’n dosent op die Potchefstroomkampus.

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 4 Augustus 2011.

 

NWU Pukke FacebookNWU Pukke TwitterNWU Pukke MobisitePukkeTv