Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Greeff pronk op Nurse Researchers Hall of Fame

Prof Minrie Greeff van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus

ʼn Reuse eer het ʼn professor van Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus te beurt geval, deur binnekort op die Nurse Researchers Hall of Fame gelys te word.
  Prof Minrie Greeff van AUTHeR, is vanweë haar gradering in navorsing en haar bydrae tot navorsing in Verpleegkunde as verpleegnavorser, in dié geskiedkundige eerboek van FINDISA (Forum for University Nursing Deans of South Africa) benoem.
  Greeff sal hierdie toekenning in Augustus, tydens 'n gala-dinee by Sun City ontvang.  Verder het sy ook insentiewe befondsing vir navorsers vanaf die NRF vir die volgende vier jaar ontvang.
 

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 13 Julie 2011.