Printer-friendly version
Druk
Share this
 

NWU-Puk bied nog ʼn internasionale kongres aan

Die vierde nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Assosiasie van Gesondheidsopvoedkundiges vind vanjaar op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus plaas.
  Dié gewilde kongres vind vanaf 30 Junie tot 2 Julie, in samewerking met verskeie ander universiteite, plaas. Die klem van vanjaar se kongres is “leer om te genees, leer om sorgsaam te wees”. Die kongres fokus ook vanjaar op die opleiding in multidissiplinêre gesondheidswetenskappe, wat spesifiek op bekwaamheidsontwikkeling en sosiale verantwoordelikheid gemik is.
  Verskeie temas sal tydens die kongres aandag geniet, waaronder etiek en professionalisme, die gebruik van tegnologie in ʼn onderrigomgewing, multi- en interdissiplinêre onderrig, kurrikulumontwikkeling, assessering en kwaliteitversekering.
  Verskeie nasionale en internasionale sprekers sal deel uitmaak van die kongres, insluitend prof Charles Boelen, voorheen verbonde aan die Wêreld Gesondheidsorganisasie. Vir meer besonderhede oor die kongres besoek gerus hulle webtuiste by www.saahe2011.co.za.

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 9 Junie 2011.