NWU, Potchefstroomkampus, Nuus: Internasionale Museumdag op Pukkampus gevier

Internasionale Museumdag  op Pukkampus gevier

Die Noordwes-Universiteit vier vanjaar internasionale museumdag met verskeie begeleide toere na vyf museums op die Potchefstroomkampus.
  Vanjaar se tema vir dié internasionale dag op 17 Mei is, Museum en herinneringe.
  Museums bewaar herinneringe en vertel stories. Baie van die voorwerpe is breekbaar, sommige is raar en benodig spesiale sorg en bewaring.  Internasionale Museumdag bied aan elkeen die geleentheid om hul individuele en kollektiewe geheue te ontdek en herontdek.

  • Op 17 Mei word begeleide toere by die Universiteitsmuseum (09:00, 10:00, 12:00, 14:00 en 15:00) in gebou E7 op die tweede vloer gedoen.

  •  Besoektye by die Opvoedkundemuseum in die ou POK-hoofgebou (C6) is tussen 11:00 en 13:00.

  • Begeleide toere word by die Ossewabrandwag-museum op die derde vloer van die Ferdinand Postma Biblioteek om 10:00 en 13:00 gedoen.

  • Besoektye by die Andries Bisschoff Geologiemuseum in die kelder van die JS van der Merwe-gebou (E6) is tussen 09:00 en 13:00 en tussen 14:00 en 16:00.

  • Besoektye by die AP Goosens Herbarium en Mildred van der Merwe-museum, waar die grootste versameling van gedroogde plantmateriaal in Noordwes, asook ʼn uitstalling van fossiele, houtsoorte en historiese taksonomiese navorsingsapparate is, is tussen 08:30 en 15:00. Dié museum is in die kelder van die JS van der Merwe-gebou.

  Vir enige navrae skakel 018 299 4087.

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 12 Mei 2011.