
Jazz-konsert verskaf groot genot
Die gehoor wat op Dinsdag 12 April die konsert van die Karén Devroop Jazz Quartet in die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus se Konservatoriumsaal bygewoon het, is getrakteer op 'n uitstekende uitvoering van 'n viertal Suid-Afrikaanse jazzmeesters.
|
|
|
Karén Devroop (saxofoon), Roland Moses (klavier), Grame Currie (bas) en Rob Watson (tromme). |
Standaard jazz-nommers van Duke Ellington en Charlie Parker is afgewissel met meer kontemporêre jazz van Pat Metheny, Michael Brecker en selfs Eric Clapton. Enkele uittreksels uit die konsert kan by die Skool vir Musiek se nuwe YouTube-kanaal gesien word: www.youtube.com/user/NWUMusic.
Devroop is tans die direkteur van die Skool vir Musiek en het pas sy solo debuutalbum, genaamd “Reminiscing” vrygestel.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 19 April 2011.



