
Hersiene universiteitslied goedgekeur en oppad
Na lang afwagting en onsekerheid oor die toekoms van die bestaande universiteitslied, het die IB besluit dat dit wel vervang sal word.
Die Mmaarona soos wat dit tans bekendstaan het gewildheid verloor na aanleiding van oorweldigende positiewe reaksie vanaf studente en personeellede, wat ‘n nuwe voorgestelde lied verkies.
|
|
|
|
Die aanlyn-meningspeiling het ‘n kompetisie ingesluit om deelname aan te moedig. Pieter van der Zwan (links) en Phillip Boonzaier (regs) van die Pukkampus, het elk R500 prysgeld ontvang vir hul deelname aan die meningspeiling. |
|
Personeel en studente is as deel van ‘n konsulterende proses om die lied te hersien, genooi om deur middel van ‘n aanlyn-meningspeiling na die huidige asook die voorgestelde, hersiene weergawe van die lied te luister. Daarna kon hulle stem vir die weergawe van die lied waarvan hulle die meeste hou.
Uit ‘n gesamentlike aantal van 1 266 respondente het 929 aangedui dat hulle die voorgestelde hersiene weergawe verkies, en 337 was ten gunste van die huidige lied. Verder het ‘n gesamentlike aantal van 888 respondente gereken die voorgestelde hersiene lied is goed, 311 het dit as gemiddeld beskou, en net 67 het gereken dat dit swak was.
‘n Taakspan sal nou byeengeroep word om toesig te hou oor die finalisering van die lied en ‘n plan om die hersiene lied bekend te stel.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 4 April 2011.




