Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Rektor verras met hartlike groet van nuwe Pukke

Die rektor was aangenaam verras oor die hartlike ontvangs en die groet van die eerstejaar wat hulle vanjaar by die NWU-Pukkampus ingeskryf het.

Rektorsgroet_2011 510

Die “koning op sy troon”, prof. Herman van Schalkwyk, tussen van die talle geskenke wat hy van koshuise se eerstejaars ontvang het.


  Dié rektorsgroet is ʼn jaarlikse instelling waar die nuwe studente die geleentheid kry om die rektor te groet. Die verskillende koshuise het elk hulle unieke groet, asook ʼn geskenk wat aan die rektor oorhandig word.

Rektorsgroet_2011 180

Rektorsgroet_2011 11

Prof. Herman van Schalkwyk se vrou, Rélyne, het hom verras en was net so aangenaam verras oor die wyse waarop die koshuise hom gegroet het.

Prof. Herman van Schalkwyk probeer die “Afrika-vuvuzela” blaas wat hy as geskenk ontvang het.


  Prof. Herman van Schalkwyk is dié dag verder verras met ʼn besoek van sy gesin, sy vrou, Rélyne, en sy jongste spruit, Herman Jnr, wat op dié dag sy negende verjaarsdag gevier het. Volgens van die studente was hy by tye ook lekker aangedaan en was die knop is keel groot.
  Die enigste (gelukkig!) lewendige geskenk wat hy vanjaar ontvang het, was ʼn pienk hasie van een van die dameskoshuise, wat intussen ʼn tuiste gekry het, en wie nou Hermien heet.
  Ander geskenke was onder meer mieliepap, ʼn reënmeter, ʼn goue kroon, ʼn paar pette, biltong, blomme, dasse, wyn, brandewyn, whiskey, ʼn houtgekerfde hoenderhaan, baadjies en ʼn Koedoe-horing (Afrika-vuvuzela).

Rektorsgroet_4182

Die onderskeie koshuise het ʼn kleurvolle prentjie gevorm in die Amfiteater tydens die amptelike rektorsgroet.

 

 Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 28 Januarie 2011.