
NWU wéér onder bestes in die land
Die Noordwes-Universiteit is vir die vyfde agtereenvolgende jaar as een van die vyf beste grafiese ontwerp-opleidinginstansies in die land aangewys. Vanjaar het die NWU die topposisie (wat Tuks beklee) met slegs vier punte gemis.
|
|
|
ʼn Uitblinker by vanjaar se Sappi Thinkahead-toekennings is Helene Botha (tweede van regs). By haar is van haar dosente, Richard Strydom, Ian Marley, Wessie van der Westhuizen en (heel regs) Cashandra Willemse. |
Die aankondiging is gemaak tydens die South African Brand Design Council se jaarlikse Sappi Thinkahead-toekennings in Johannesburg.
Studente van die NWU-Puk het vanjaar ook weggestap met twee van die agt meriete toekennings, tien van die 25 silwer-toekennings en ‘n goue portefeulje.
Die meriete toekennings is gemaak aan Helene Botha en Claudette Maskell. Botha het ook drie silwer-toekennings ontvang en haar portefeulje is as ʼn goue portefeulje aangewys.
Die ander silwer-toekennings is gemaak aan Marina Herbst (2), Suen Muller (1), Carla Nel (1), Claudette Maskell (1) en die groepe, Helene Botha, M Aucamp en Z Benade, asook Carla Nel, Claudette Maskell, Sanke Weyers en Güte Immelman, het elk ook ʼn silwer gewen.
Die Sappi Thinkahead-toekenning is in 2002 begin met die doel om ʼn platform vir finalejaar ontwerpstudente te skep om hulle talent aan toekomstige werkgewers ten toon te stel.
Die beoordeling is deur ʼn paneel hoë profiel ghoeroes in die ontwerpbedryf in Suid-Afrika gedoen. Die riglyne vir die beoordeling word op internasionale standaarde gegrond.
Gepubliseer deur Kiewiet Scheppel op 2 Desember 2010.



