
GESONDHEIDSORGSENTRUM
Oor Ons
![]() |
![]() |
Welkom by die interaktiewe webwerf van die Gesondheidsorgsentrum van die Noordwes-Universiteit - Potchefstroomkampus. Ons bedien die hele PUK-gemeenskap. Alle gesondheidskwessies, van fisies tot sielkundig, akuut tot kronies, word hier deur 'n toegewyde multidissiplinêre span hanteer.
"Mens sana in copore sano"
'n Gesonde gees in 'n gesonde liggaam
Die sentrum is sentraal geleë in Joostestraat (Gebou E16), oorkant die personeelklubhuis, PUK FM en die "Wapad-"kantoor.
Klik op die kaartskakel by http://www.nwu.ac.za/af/nwu/maps_a.html
Jy kan ook die roetekaart raadpleeg, druk of na jou hardeskyfaandrywer aflaai.
Die Gss is van Maandae tot Vrydae van 08:30 - 16:00 oop.
'n Omvattende diens word aan alle PUK-studente en personeel aangebied, insluitend kontrakwerkers, maar dienste aan besoekers is tot noodgevalle beperk.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |









