Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT REGTE

Alumni

Die Fakulteit behou sterk bande met sy oudstudente. Die bestuur van die Fakulteit besoek jaarliks alumni in bepaalde dele van die land om menings oor regsopleiding en ander sake van gemeenskaplike belang uit te ruil. Die bydraes wat oudstudente lewer, word hoog op prys gestel. Alumni besoek ook die Fakulteit gereeld. Die noue band tussen die Fakulteit en sy alumni word onder andere gestaaf deur die resultate van ’n onlangse Markinor-verslag waarin baie meer as 90% aangedui het dat hulle sterk met die Fakulteit identifiseer.

Die Fakulteit is trots op sy alumni waarvan die voormalige Staatspresident en Nobel-pryswenner, FW de Klerk seker die vernaamste is. Sy volgehoue betrokkenheid by die Fakulteit word bevestig deur die jaarlikse FW de Klerk-lesingreeks waarin vooraanstaande lede van die samelewing voordragte oor aktuele regskwessies lewer. Ng ’n vooraanstaande alumnus is Leon Wessels, ’n voormalige kommissaris van die Menseregtekomitee en lid van die parlement. Hy is ’n buitengewone professor by die Fakulteit en doseer gereeld vir studente in alle jaargroepe. ’n Naam wat ook goeie herinneringe aan ander oudstudente sal oproep, is Johan van der Vyver wat tans in Emory in die VSA woon. Alumni laat hulleself ook oorsee geld en Josef Kruger het onlangs in Kanada die sytoga omgehang.

Alle oudstudente: 
Ons sal graag meer inligting oor u wil bekom. Stuur die volgende inligting asseblief aan Me Doepie de Jongh: Epos: Doepie.dejongh@nwu.ac.za

 

Naam en Van

Studentenommer

Telefoonnommer

Selnommer

Epos

Faksnommer

Adres

Stad

Land

Huidige werkgewer

Aard van jou werk